Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 106

Spreuke 13:7-8

Bybelteks(te)

7Party mense hou hulle ryk maar het niks nie;

party doen hulle arm voor maar besit baie.

8Met sy rykdom moet 'n ryk man hom soms loskoop;

'n arm man kom nie in so 'n gevaar nie.

SPREUKE 13:7-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer rykdom en armoede. Spreuke waarsku ons om nie sondermeer subjektiewe aansprake as objektiewe waarheid te aanvaar nie. Armes kan hulle as ryk voordoen, en rykes as arm. Spreuke leer ons ook dat armoede sy voordele het. Dreigemente kan ’n ryk man tot ’n losprys dwing. ’n Arme hoor nie eers sulke dreigemente nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS