Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 105

Spreuke 13:5-6

Bybelteks(te)

5Die regverdige haat leuens;

die goddelose maak hom gehaat en veragtelik.

6Die opregte bly behoue

deur sy gehoorsaamheid aan die Here;

ongehoorsaamheid laat die sondaar te gronde gaan.

SPREUKE 13:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer die regverdige en die goddelose. Die regverdige haat leuens, terwyl die goddelose homself gehaat maak deur sy skandelike en veragtelike optrede. Trouens, die oorspronklike sê die goddelose se gedrag stink skandelik. Die stank kleef aan alles en almal. Die verskil lê in die gehoorsaamheid aan God se standaard al dan nie. Die regverdige se integriteit word deur geregtigheid beskerm. Die goddelose gaan ten gronde weens sy sonde.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS