Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 102

Spreuke 13:1

Bybelteks(te)

1'n Wyse seun laat hom leer deur sy vader,

'n ligsinnige slaan nie eens op dreigemente ag nie.

SPREUKE 13:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

Welvaart is verbind aan die waardering van wyse woorde. Dit is die oorhoofse tema van Spreuke 13. Vers 1 kontrasteer die wyse met die ligsinnige. Die wyse neem teregwysing in ag. Die ligsinnige luister nie eers daarna nie. Die ligsinnige is egter nie ’n grapjas of selfs iemand wat net oppervlakkig is nie. Die Hebreeuse woord lîṣ dui eintlik ’n “spotter” aan. In Engels word die woord vertaal met “scorner”, “scoffer” of “mocker”.

Dit dui dus op iemand wat met geen respek praat van ander en wat vir hulle belangrik is nie; wat spot met wat vir ander heilig is; wat wysheid op ’n arrogante, siniese manier minag. Jy kan die woord vertaal met respeklose, minagter, arrogante, sinikus ensomeer. Dit sien ’n mens in die feit dat hulle geen waardering vir wyse woorde het nie, ook nie dié van teregwysing nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS