Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 101

Spreuke 12:27-28

Bybelteks(te)

27Die luiaard gaan vang nie eens wild om te braai nie;

'n hardwerkende mens versamel kosbare besittings.

28Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe,

dit is 'n pad wat nie na die dood lei nie.

SPREUKE 12:27-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 27 kontrasteer luiheid met hardwerkendheid. Die luiaard voltooi geen projek nie: “hy braai nie sy wild nie”. Die hardwerkende verwerf kosbare besittings. Vers 28 verheerlik die pad van geregtigheid. Dit het betekenis nie net vir hierdie lewe nie, maar ook vir die ewigheid (“dié pad is ‘nie-dood’” in die oorspronklike). Nog ‘n voorbeeld van die OT nadenke oor die ewige lewe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS