Skatkis van wysheid – Dag 8

Die wysheid nooi uit

Bybelteks(te)

SPREUKE 9

1Wysheid het vir haar 'n huis gebou met sewe klippilare.

2Sy het geslag en wyn reggesit,

sy het haar tafel gedek

3en haar bediendes na die stad toe gestuur

om van die hoogste plek af te roep:

4“Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!”

En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê:

5“Kom eet by my,

kom drink van die wyn wat ek reggesit het!

SPREUKE 9:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

ROMEINE 11

Aan God die eer

33O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!

Hoe ondeurgrondelik is sy oordele,

hoe onnaspeurlik sy weë!

ROMEINE 11:33AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 11

28“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

MATTEUS 11:28AFR83Maak oop in die Bybelleser

DIE OPENBARING 22

17Die Gees en die bruid sê: “Kom!”

En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!”

En elkeen wat dors het, moet kom;

elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!

DIE OPENBARING 22:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Wysheid het vir haar ʼn huis gebou met sewe klippilare. Sy het geslag en wyn reggesit, sy het haar tafel gedek en haar bediendes na die stad toe gestuur om van die hoogste plek af te roep: ‘Kom hiernatoe, almal wat nog moet leer!’ En vir dié wat kennis kortkom, het sy gesê: ‘Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het!’ ” Spreuke 9:1-5

Wysheid word hier as ʼn persoon uitgebeeld ʼn goddelike persoon. Van die vroegste tye af het die kerk hierdie wysheid met die Seun van God verbind. Jesaja sê byvoorbeeld dat die Gees van wysheid op die Messias sal rus (Jesaja 11:2).

God se Seun is wys in sy woorde en dade. Hy vang selfs die listige Satan in sy wysheid. In Jesus se plaasvervangende offer vir ons sonde, skitter sy wysheid. Paulus skryf hieroor: “O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God!” (Romeine 11:33)

Wysheid het vir haar ʼn huis op sewe pilare gebou – ʼn volmaakte huis. Ook ʼn heilige huis. Wysheid het ʼn tafel vol heerlike kos voorberei en die wyn met kruie gemeng. Hierdie tafel is ʼn beeld van die geestelike heil wat die Here vir die mensdom voorberei het. Dit bevat al die gawes van Jesus Christus, veral sy werk vir verlore sondaars. Christus het Homself as lam laat slag – sy liggaam laat doodmaak en sy bloed laat vloei. Nou is sy liggaam waarlik voedsel en sy bloed waarlik drank (Johannes 11:55). Elke keer wanneer die evangelie van die Wysheid verkondig word – in woord en sakrament – word hierdie maaltyd aangebied.

Wysheid roep hard uit: “Kom eet by my, kom drink van die wyn wat ek reggesit het!” Dit laat ʼn mens dink aan die bruilofsmaal in die gelykenis in Matteus 22:1-14. As die genooides nie opdaag nie, gaan die dienaars uit op die strate en roep en nooi almal wat wil kom. God self roep: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” (Matteus 11:28) Ook: “En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!” (Openbaring 22:17) In dit alles bied Christus Homself aan.

Hy doen dit vandag nog. Laat ons van die sigbaarste plekke hierdie uitnodiging herhaal. Kom ons prys die maaltyd van Wysheid aan. Hierdie maaltyd is lewensvoedend – dit is die werk van Jesus Christus wat volbring is.

Bible Society of South Africav.4.29.1
VOLG ONS