Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Sielsreis – dag 9

Christus – draer van goddelike menslikheid

Bybelteks(te)

6Hy wat in die gestalte van God was,

het sy bestaan op Godgelyke wyse

nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,

7maar Hy het Homself verneder

deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem

en aan mense gelyk te word.

En toe Hy as mens verskyn het,

FILIPPENSE 2:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Daarna vra Hy vir hulle: “Mag 'n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?”

Hulle het egter niks gesê nie. 5Hy het hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!”

Hy het sy hand uitgesteek en dit was gesond.

MARKUS 3:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.”

38Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”

6“Laat staan haar,” het Jesus gesê. “Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen. 7Julle het tog altyd armes by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen, maar vir My het julle nie altyd by julle nie. 8Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis.

MARKUS 14:6-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

37Hy kom toe terug en kry die drie aan die slaap en vra vir Petrus: “Simon, slaap jy? Kon jy nie eens een uur lank wakker bly nie?

MARKUS 14:37AFR83Maak oop in die Bybelleser

46Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

MATTEUS 27:46AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

JOHANNES 1:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die goddelike eienskappe van liefde en genade, wat van ons waarlik mens maak, kom van God. Ons is mens in die diepste sin van die woord wanneer ons God se beeld en goddelike eienskappe in die wêreld reflekteer. Dit is dus belangrik om te dink oor God se “menslikheid” soos dit in Christus aan ons getoon is.

Hoe kan ons God in Jesus se menswees raaksien? Watter soort mens was Hy? Hoe was God teenwoordig in Jesus? Wat leer ons uit die Bybel oor sy menslikheid? Hoe was Hy as medemens? Hoe het Hy teenoor ander mense opgetree?

Uit die Nuwe Testament kom ons agter dat Jesus ʼn besonder menslike persoon was, net so menslik soos ons. Hy kon kwaad word en ontsteld raak, veral wanneer mense harteloos en skynheilig optree:

Daarna vra Hy vir hulle: “Mag ʼn mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?”

Hulle het egter niks gesê nie. Hy het hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!” Markus 3:4-5

Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag ʼn teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie ʼn teken gegee word nie.” Markus 8:12

Hy het ʼn behoefte aan rus gehad: Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Markus 4:38a

Hy kon emosioneel raak oor liefdeloosheid. Hy was diep ontroer deur die naamlose vrou wat sy kop met olie gesalf het in die tyd toe sy “bitter beker” vir Hom voorberei is:

“Laat staan haar,” het Jesus gesê. “Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het ʼn goeie daad aan My gedoen … Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis.” Markus 14:6,8b

Hy het verlate gevoel: Hy kom toe terug en kry die drie aan die slaap en vra vir Petrus: “Simon, slaap jy? Kon jy nie eens een uur lank wakker bly nie?” Markus 14:37

Hy het diepe lyding ervaar: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” Matteus 27:46b

God kon nie verdra dat ons as mense weerloos staan voor die aanslae van die lewe nie. Die enigste manier waarop ons iets kon verstaan van God se heerlikheid en genade was om dit in die vlees te sien. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. Johannes 1:14

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS