Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Sielsreis – dag 6

Wanneer die rykes ryker word, is die armes steeds by ons

Bybelteks(te)

35want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

MATTEUS 25:35-40AFR83Maak oop in die Bybelleser

Dit is geen geheim nie! Die gaping tussen ryk en arm word groter by die dag. Maatskappybestuurders vlieg hoog, atlete is goud werd terwyl baie vermaaklikheidsterre letterlik in die geld rol. En ten spyte van ons verontwaardiging oor ander se rykdom, wens ons heimlik dit was ons! Ons beny die rykes maar reken dit kom hulle toe, want hulle het mos daarvoor gewerk.

Wat sê Jesus oor die rykes? Hy waarsku dat rykdom gevaarlik is – gevaarlik vir die siel en gevaarlik vir die gemeenskap. Wanneer rykdom ons van ons vrygewigheid ontneem, sluit dit ons harte en raak dit moeilik om deel van die koninkryk van die hemele te wees. Dit is egter gevaarlik om armoede sonder meer te verheerlik en die armes salig te verklaar. Armoede is in baie gevalle vernederend en beroof mense van hulle menswaardigheid. Dikwels is misdaad en bedelary die natuurlik uitvloeisel van armoede. Tog word die armes as die goeie ouens gesien en die rykes as die slegtes. Die feit is, ons almal, ryk en arm, is sondaars en is afhanklik van God se genade.

Die uitdaging aan dié wat het, is om te besef dat dit wat ons besit nie aan ons behoort nie maar in trust aan ons gegee is deur God, die gewer van alles wat goed is. Buitendien is die vrugte op ons arbeid gebou op die harde werk van diegene wat vir ons werk. Geen myn kan bedryf word sonder die rugbreekwerk van myners duisende meter onder die grond nie, terwyl boerdery floreer in die sweet van die arbeider se aangesig. Dit geld vir elke bedryf van a tot z.

Wat sê die Bybel?

Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. Daar het toe ʼn arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.” Markus 12:41-44

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS