Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Sielsreis – dag 5

Is jou woorde salf of suur?

Bybelteks(te)

Moenie oordeel nie

37“Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie.

Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie.

Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

28seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

34“Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. 35Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart.

36“Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. 37Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.”

MATTEUS 12:34-37AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Jesus het egter niks meer gesê nie, sodat Pilatus verbaas was.

Biskop Ignatius van Antiogië het gesê: “Dit is beter vir ʼn man om stil te bly en ʼn Christen te wees, as om te praat en nie een te wees nie.”

Dit lyk asof mense vandag al hoe losser met taal omgaan. Mense beroep hulle op vryheid van spraak om te sê net wat hulle wil, wanneer hulle wil en hoe hulle wil. Van ʼn wag voor die mond is daar nie sprake nie. Growwe taal en vloekwoorde word skaamteloos rondgegooi in enige geselskap en spreek jy iemand daaroor aan, word jy sonder omhaal vertel waarheen jy kan gaan.

“Maar,” sê sommige, “ek vloek nie rêrig nie. Ek gebruik onskuldige woorde soos ‘Flip it!’ of ‘Daai vreksel!’ of ‘Jou idioot!’ of dalk ‘Jou onnosele skepsel!’ ” Noem maar op. Dit maak nie eintlik saak nie. Dit is die bedoeling agter die woorde wat saak maak. Meestal word die woorde gebruik om jou uiterse afkeur van iets of iemand in die sterkste moontlike terme uit te druk. Ons dink dit is net woorde, maar woorde het die mag om te vernietig. Woorde vernietig mense se eiewaarde en selfbeeld. Boonop sê die manier waarop jy praat iets van jou, of jy nou daarvan hou of nie. Dalk is dit beter om net stil te bly.

In die vroeë Christelike kerk was stilte onder sekere omstandighede die reël. Pous Sixtus het mense gemaan tot stilte eerder as om onverantwoordelike uitsprake oor God te maak. Een vroeë Christenpriester het selfs voorgestel dat ʼn mens jou hand voor jou mond moet hou om te keer dat jy onsin praat oor ʼn onderwerp waarvan jy niks weet nie. “Wees versigtig wat jy sê en pasop dat jy nie praat voordat jy jou woorde vooraf opgeweeg en oordink het nie,” was sy raad.

Wanneer kan ʼn mens dan met vrymoedigheid praat? Wanneer sou dit verkeerd wees om stil te bly?

Wat sê Jesus oor hoe ʼn mens moet praat?

“Seën die mense deur wie julle vervloek word.” Lukas 6:28a

Hy sê egter ook:

Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart.

“Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word.” Matteus 12:34-37

En wat het Jesus onder die ergste provokasie gesê?

Jesus het egter niks meer gesê nie. Markus 15:5

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS