Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Sielsreis – dag 3

Sluit aan by God se weerstandsbeweging

Bybelteks(te)

11Moenie in julle toewyding verslap nie,

bly altyd geesdriftig,

dien die Here.

12Verbly julle in die hoop;

staan vas in verdrukking;

volhard in gebed.

ROMEINE 12:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die soort lewens wat ons ly vernietig ons. Die oordaad, die druk op die omgewing, die strewe na groter en beter, die gesukkel om oorlewing eis sy tol, terwyl die verwagtings wat ons aan onsself stel ons siek maak.

Depressie en ʼn verlies aan vreugde is tekens van die tye. Ons kan nie eet nie of ons eet te veel; ons kan nie slaap nie en sleep ons met moeite voort. Ons lê vir ure voor die TV en kyk na onsinnige programme terwyl eensaamheid en verveling ons tot raserny dryf.

Daar is ʼn ander weg. Sluit aan by God se weerstandsbeweging. Maak optimisme jou “default setting”. Optimisme is nie net ʼn lugkasteel nie. Dit is gegrond op die geloof en die verwagting dat God sy beloftes sal nakom. Optimisme verander hoop in handeling. Dit is waarom ons gevul moet wees met ʼn passie om God se wil te doen. Optimisme inspireer terwyl pessimisme ʼn mens in die diepste put van negatiwiteit dompel. ʼn Toksiese houding teenoor die lewe vergiftig ons lewens terwyl ʼn positiewe houding ʼn “aangename geur” versprei.

Christus met sy weerstand teen siekte, ongeregtigheid en die dood van onskuldiges wys ons die weg. Vir Jesus was hierdie dinge ʼn dwarsboming van God se wil en daarom het Hy die bose, negatiwiteit en vooroordeel met alles wat in Hom is, beveg. Trouens, Hy het daarvoor gesterf. En om sy werk op aarde voort te sit het Hy ons in sy weerstandsbeweging op aarde aangestel. En dit is presies wat ek en jy elke dag van ons lewens moet doen.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS