Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Sielsreis – dag 2

Deursoek jou siel

Bybelteks(te)

23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,

ondersoek my, sien tog my onrus raak.

PSALMS 139:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ek wag op die Here

1'n Pelgrimslied.

Uit die dieptes roep ek na U, Here,

2luister tog na my, Here,

hoor tog my hulpgeroep.

PSALMS 130:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

26Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee.

ESEGIËL 36:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus gaan na sy Vader toe

1“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.

JOHANNES 14:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Hoe kosbaar is u trou, o God!

U beskerm die mense wat by U skuil.

9In u huis geniet hulle oorvloed,

U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.

10U is die bron van die lewe,

deur u lig lewe ons.

11Laat u liefde bly by dié wat U erken

en u trou by dié wat opreg is.

PSALMS 36:8-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het;

selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.

8Ek het die Here altyd by my:

omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.

PSALMS 16:7-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Sit ʼn slag ʼn tyd opsy om jou siel te soek, te besoek en te deursoek. Gaan dan na ʼn stil plek en vra God om jou gedagtes te lei. (Jy kan dit sommer by jou lessenaar in die kantoor ook doen.)

Lees die onderstaande Skrifgedeeltes op jou tyd deur totdat die betekenis by jou tuiskom. Lees dit hardop sodat jy die Woord van God kan hoor. Oordink hierdie woorde totdat die Woord deel word van jou. Moet dit nie ontleed of probeer verstaan nie. Laat die Woord van God jou aanraak en jou hart omskep.

Haal diep asem en visualiseer jou hart as die plek waar God woon. Sien jou liggaam as ʼn mynskag waarin jy afsak tot in die diepstes van jou siel. Lees dan die volgende Skrifgedeeltes oor en oor:

Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,

ondersoek my, sien tog my onrus raak. Psalm 139:23

Uit die dieptes roep ek na U, Here,

luister tog na my, Here,

hoor tog my hulpgeroep.

Psalm 130:1b-2

Ek sal julle ʼn nuwe hart en ʼn nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ʼn hart van vleis gee. Esegiël 36:26

Konsentreer op die Woord en laat God toe om jou te vertroos:

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.” Johannes 14:1

Kyk na binne en vra God om jou te help om jou passie en energie vir die lewe te herstel.

Hoe kosbaar is u trou, o God!

U beskerm die mense wat by U skuil.

In u huis geniet hulle oorvloed,

U laat hulle drink

uit die strome van u goedheid.

U is die bron van die lewe,

deur u lig lewe ons.

Laat u liefde bly by dié wat U erken

en u trou by dié wat opreg is. Psalm 36:8-11

Ek sal die Here loof wat my

tot die regte insig gebring het;

selfs in die nag bly ek bewus

van wat Hy my leer.

Ek het die Here altyd by my:

omdat Hy by my is,

sal ek nie struikel nie. Psalm 16:7-8

Wanneer jy klaar is, skryf jou gevoelens neer. Herhaal hierdie oefening gereeld met ander Skrifgedeeltes sodat jy die tegniek van innerlike bepeinsing en om een met God se Woord te word, kan inoefen.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS