Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Rig jou geloofsoog op Hom – Dag 4

Werk vir ander se geluk

Bybelteks(te)

24Ons wil nie as heersers voorskryf wat julle moet glo nie. Julle staan immers vas in die geloof. Maar ons wil medewerkers wees om julle geluk te bevorder.

2 KORINTIËRS 1:24AFR83Maak oop in die Bybelleser

25Maar Jesus sê vir hulle: “By die nasies is dit so: konings speel oor hulle baas, en dié wat gesag afdwing, laat hulleself weldoeners noem. 26Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien.

LUKAS 22:25-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Selfs as ʼn apostel met gesag van God, het Paulus probeer om ander se geluk te bevorder in die manier wat hy hulle gelei het – hy het nie probeer om hulle te oorheers nie, maar eerder om saam met hulle te werk. Dit verduidelik waarom hy so ʼn effektiewe leier was en hoekom diegene wat met hom geassosieer het, sterk en betroubare medewerkers geword het. Die woorde van Paulus in ons teks herhaal iets van Jesus se woorde toe Hy met sy dissipels gepraat het toe hulle gestry het oor wie die belangrikste was: “Maar Jesus sê vir hulle: ‘By die nasies is dit so: konings speel oor hulle baas, en dié wat gesag afdwing, laat hulleself weldoeners noem. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien.’ ” (Lukas 22:25-26)

Volgens Paulus is die kern van Christelike werk dat ons as medewerkers moet saamwerk en ander moet help om gelukkiger te wees.

Hoe sal ons huise, kampusse en kantore daar uitsien as ons as Christene werk om ander se geluk te bevorder deur die manier wat ons hulle hanteer?

Om mense se geluk te bevorder beteken nie noodwendig om almal altyd gelukkig te hou nie, maar om soos Paulus vir almal met wie ons in aanraking kom se menswaardigheid te resepkteer. Wanneer ons aandag gee aan ander se behoeftes, insluitende die behoefte aan respek en om met betekenisvolle werk vertrou te word, dan volg ons Paulus se voorbeeld.

Is jy ten volle betrokke by hierdie taak wat God aan ons toevertrou het? Hoekom nie sommer vandag nog daarmee begin nie?

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS