Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Rig jou geloofsoog op Hom – Dag 1

Alles nuut

Bybelteks(te)

17Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

2 KORINTIËRS 5:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

15Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. 16Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is.

17Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. 18Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. 19Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. 20En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.

ROMEINE 7:15-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

FILIPPENSE 4:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Met nuwejaar is ek alreeds siek en sat van al die fiksheidsadvertensies en my vriende se selfvoldane kommentaar op sosiale media oor hulle nuutste diëte. Oral in die media word ons gebombardeer met advertensies en artikels wat ons nuwejaarsvoornemens aanspreek – word fiks, maak jou kaste leeg, vind ware liefde, hou op rook, kry jou loopbaan op koers, en so hou die lys aan. Maar die meeste van die tyd hou ons nie juis by enige van ons voornemens nie. Ek het een jaar besluit ek gaan nie meer koffie drink nie en dit was die ergste halfuur van my lewe.

Paulus som die waarheid op oor die gevalle mensdom in Romeine 7:15-20: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.”

Ons het gewoonlik die beste voornemens, net soos daardie nuwejaarsvoornemens wat ons almal eens gemaak het en waarvan die meeste van ons al vergeet het. Maar dit is slegs deur die genade van God dat ons in staat is om enigsins iets te kan doen, om nie eers van iets goed te praat nie. “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” (Filippense 4:13) Dink ʼn bietjie hieroor na.

Ware verandering begin met nuwe lewe en nie net ʼn nuwe blad aan die begin van ʼn nuwe jaar nie. ʼn Ware lewe, ʼn beter lewe, ʼn wonderlike lewe kan ons slegs in Christus vind. Wanneer jy Christus aanneem, ontvang jy ʼn nuwe lewe in Hom. Verder is ware verandering ʼn proses en nie ʼn bestemming nie. Jesus maak ons voortdurend nuut. Ons moet net eenvoudig alles aan Hom oorlaat en maak soos die Engelse gesegde lui: “Let go and let God.”

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS