Bible Society of South Africa
Frank Retief

Onthou sy krag en goedheid – Dag 5

Onverwagte gevolge

Bybelteks(te)

MARKUS 4

Die gelykenis van die mosterdsaadjie

30Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van God voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld? 31Dit is soos 'n mosterdsaadjie. Wanneer dit in die land geplant word, is dit die kleinste van al die soorte saad daar in die land. 32Maar as dit eenmaal geplant is, kom dit op en word dit groter as al die tuinplante. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak.”

MARKUS 4:30-32AFR83Maak oop in die Bybelleser

Soms kan min woorde en dade baie groot gevolge hê. Ons is almal vertroud hiermee. Dit is presies hierdie beginsel van onverwagte gevolge wat Jesus in hierdie gelykenis gebruik.

Die gelykenis wat Jesus hier vertel het miskien baie verspot geklink vir die wat na Hom geluister het. Ek vermoed ook dat ons soms die groot impak mis van die dinge wat Jesus gesê het omdat ons nie vertroud is met die agtergrond en gebruike van sy tyd nie.

Mense met kennis van plante sal weet dat ʼn mostertsaad tot ʼn mediumgrootte tuinplant se hoogte kan groei, en die idee dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak, was vir hulle lagwekkend. Maar Jesus het doelbewus die krag van dié tuinplant oorbeklemtoon om ʼn spesifieke punt te maak. Die Here kan die kleinste dingetjie neem en hoe ongeskik dit ook al mag wees, en ongeag die grootte daarvan, kan Hy alles en almal gebruik om meer werk vir sy koninkryk te doen.

Dit is hoe dit werk in die koninkryk van God. ʼn Saadjie word hier en daar gesaai en as jy weer sien, is daar ʼn Sondagskool waar daar voorheen niks was nie, of iemand wat alle hoop verloor het, word gehelp, of ʼn verlore siel ontmoet die Verlosser en sy lewe word verander.

Ons moet nooit die klein dingetjies versmaai nie. Wees altyd gereed om oor die Here met iemand te praat of om vriendskap aan iemand te bewys. Jy weet nooit wat dit tot gevolg kan hê nie, of hoeveel seën dit in die lewe van iemand anders mag bring nie.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS