Bible Society of South Africa
Frank Retief

Onthou sy krag en goedheid – Dag 22

Beheer jou humeur

Bybelteks(te)

SPREUKE 14

29'n Geduldige mens is baie verstandig;

een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon.

SPREUKE 14:29AFR83Maak oop in die Bybelleser

EFESIËRS 4

26As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. 27Moenie die duiwel vatkans gee nie.

EFESIËRS 4:26-27AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die meeste van ons het seker al die naam van die beroemde 16de-eeuse Hervormer, , gehoor. Hy was ʼn diep gelowige man wie se invloed deur die eeue gestrek het. Maar op ʼn dag het Calvyn sy humeur so verloor oor ʼn dokument se bewoording dat hy vir diegene teenwoordig lelike woorde toegenou het. Dit het gebeur toe hy nog ʼn jongman was voordat hy later bekend geword het. Die neiging om sy humeur te verloor was egter ʼn lewenslange stryd vir hom.

Net soos Calvyn het ons almal ons foute en om kort van draad te wees is moontlik een van hulle. Wie van ons het nog nie ons humeur verloor en dinge gesê waaroor jy baie jammer, spyt of skaam is nie?

Dit is egter waar dat nie alle woede sonde is nie. Soms is woede die regte reaksie teenoor sonde of onregverdigheid. Maar, dieselfde kan nie gesê word vir wanneer ons woede van so ʼn aard is dat ons heeltemal beheer verloor en mense gevolglik in die proses seerkry nie.

Die apostel Paulus het hierdie menslike neiging om kwaad te word geken en daaroor geskryf: “As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ʼn dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie” (Efesiërs 4:26-27).

Hy sê dat ons onsself moet beheer wanneer dinge gebeur wat ons kwaad maak. Alle onenigheid moet nog dieselfde dag aangespreek word. Anders tob jy later daaroor en as jy weer sien het die duiwel ʼn vatkans gekry en dan is daar groot drama en konflik wat baie verhoudings vernietig.

Soms kan mense se woorde en dade tot groot hartseer lei en dan het jy rede om kwaad te wees. Maar dit is baie beter om eers na te dink voordat ons praat. Ons moet almal probeer om verhoudings te bewaar en op te bou eerder as afbreek.

Dit vra baie genade en selfbeheersing. Maar is dit nie hoe die Here se kinders hulle in alle omstandighede moet gedra nie? Ons lees in die Nuwe Testament dat Jesus soms kwaad geword het, maar dit was elke keer omdat diegene met wie Hy gepraat het hulle harte teen God, of selfs die minderbevoorregtes, verhard het.

Miskien moet jy iemand om verskoning vra; of ʼn verhouding herstel of ʼn hand van vriendskap na iemand uitsteek. Hoekom doen jy dit nie voordat hierdie dag verby is nie?

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS