Bible Society of South Africa
Frank Retief

Onthou sy krag en goedheid – Dag 21

Leuens

Bybelteks(te)

EFESIËRS 4

Riglyne vir die nuwe lewe

25Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam.

EFESIËRS 4:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

SPREUKE 19

5'n Vals getuie bly nie ongestraf nie;

wie leuens kwytraak, kom nie vry nie.

SPREUKE 19:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

SPREUKE 19

22'n Mens wy sy lewe aan wat hy begeer,

maar dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.

SPREUKE 19:22AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 14

6Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

JOHANNES 14:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Onder die kinders van die Here moet daar geen leuens of valsheid wees nie. Ons behoort aan die Een wat sê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe” (Johannes 14:6) en waarheid en aanspreeklikheid behoort die grondslag te wees vir alles wat doen ons doen.

Baie van ons ken die hartseer en konflik wat veroorsaak word wanneer mense leuens vertel. Miskien was jy al die slagoffer van sulke valsheid. Dan het jy seker begrip vir hoe seer dit kan maak en hoe skokkend dit kan wees.

Ons weet egter dat ons in ʼn wêreld leef waar leuens en oneerlikheid algemeen is. Politici en publieke figure praat dikwels nie die waarheid nie – om nie eers te praat van die misleidende fynskrif in baie dokumente wat ons moet onderteken om in hierdie wêreld te kan bestaan nie. Ons TV-programme is vol dinge wat ʼn samelewing afbreek. Terwyl jy hier lees, dink aan storielyne van sepies waarna ons kyk. Dit is vol leuens, bedrog en ontrouheid.

In Spreuke 19:5 lees ons: “ʼn Vals getuie bly nie ongetraf nie, wie leuens kwytraak kom nie vry nie.” Ons almal weet dat leuens en halwe waarhede uiteindelik tog aan die lig kom, maar hoe hartseer is dit nie dat die karakters van baie jongmense dikwels gevorm word in ʼn omgewing waar almal vir almal leuens vertel.

Dit behoort nie die geval met ons as Christene te wees nie. Ons weet instinktief dat die waarheid ons lewens moet vorm. Ons ken die waarheid van Spreuke 19:22 “… dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.” Ons ken ook die leringe van Jakobus oor die mag van die tong en hoe hierdie klein liggaamsdeeltjie deur ʼn klein vuurtjie ʼn groot bos aan die brand kan steek.

Kom ons vermy dit ten alle koste om leuens te vertel. Ons is volgelinge van Jesus Christus uit wie se mond daar nooit ʼn leuen of enige valsheid gekom het nie. Dit maak nie saak wat ander doen nie, kom ons besluit om altyd die waarheid te praat sodat mense ons kan ken as betroubare Christene op wie daar staat gemaak kan word, en dit alles ter wille van Christus.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS