Bible Society of South Africa
Frank Retief

Onthou sy krag en goedheid – Dag 20

Onbenullige dinge

Bybelteks(te)

MATTEUS 10

42Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.”

MATTEUS 10:42AFR83Maak oop in die Bybelleser

MARKUS 12

Die arm weduwee se gawe

41Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. 42Daar het toe 'n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. 43Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. 44Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”

MARKUS 12:41-44AFR83Maak oop in die Bybelleser

Baie mense is van mening dat die Paralimpiese Spele meer mense se gesindhede teenoor gestremdhede verander as enige opvoedkundige programme of veldtogte vir gelyke regte. ʼn Skrywer het op ʼn dag die volgende gesê: “Hierdie atlete word nie meer deur hulle gestremdhede gedefinieer nie, maar deur hulle buitengewone talente.”

Dr. Ludwig Guttmann, ʼn Duitse neuroloog wat in 1939 uit Duitsland na Brittanje gevlug het, het die Paralimpiese Spele begin. Hy het later die direkteur van die eerste spesialiseenheid vir spinale beserings in Brittanje geword. Sy inspirerende verhaal kan op die Internet gelees word.

Guttman is dalk nie vandag ʼn bekende naam nie, maar in 2012 is die gesondheidsentrum van die Paralimpiese Spele as ʼn huldeblyk na hierdie held vernoem.

Jesus sê vir ons dit sal ook so met ons wees. Soms voel jy as Christen dat jy as gevolg van jou persoonlike en fisiese omstandighede nie veel kan doen om ander te help nie. Somtyds voel jy dat jy werklik niks kan doen nie. Maar Jesus sê dat iets so klein en eenvoudig soos ʼn beker koue water aan ʼn medegelowige hulle kan bemoedig en help – dit sal nie ongesiens verbygaan nie en sal beloon word. Deesdae, wanneer die atlete deur die skares toegejuig word, dink niemand meer aan Ludwig Guttmann nie. So is dit ook met baie van ons; niemand juig ons toe nie want ons kan nie veel doen nie.

Wag net totdat ons in die hemel is. Daar gaan jy verwonderd staan oor die aantal mense wat na jou sal wys as die een wat op ʼn dag iets klein vir hulle gedoen het om hulle aan te moedig. Moet nooit die beker koue water minag as jy niks anders het om te gee nie.

Onthou jy die geleentheid in Markus 12:41-44 toe Jesus die mense dopgehou het wat geld in die tempel se offerkis gegooi het? ʼn Arm weduwee het gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd maar dis al wat sy gehad het. Jesus het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”

God sal selfs die kleinste daad raaksien.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS