Bible Society of South Africa
Frank Retief

Onthou sy krag en goedheid – Dag 19

Die versterking van jou innnerlike wese

Bybelteks(te)

2 KORINTIËRS 13

5Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.

2 KORINTIËRS 13:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Indien jy gereeld in die gimnasium oefen sal jy weet dat jy herhaaldelik aangesê word om jou belangrikste spiere te versterk, soos byvoorbeeld jou rug-, dy-, heup- en maagspiere.

Volgens Harvard-universiteit se Mediese Fakulteit hou oefening allerhande voordele in vir jou liggaam, gesondheid en algemene welsyn.

Ek dink dit is ook waar vir ons as Christene. Ons moet voortdurend terugkeer na basiese geestelike waarhede sodat ons in ons geloof seker kan wees, sterk kan bly, en geestelik kan groei. Om dié rede sê Paulus vir sy vriende in Korinte om hulleself te ondersoek. Ons behoort dit ook te doen. Maar hoe doen ons dit?

Ons weet almal hoe om na onsself om te sien in ander terreine van ons lewens. Diëte is ʼn goeie voorbeeld. Ons begin gewoonlik met groot entoesiasme, dan begin ons om ʼn klein bietjie te kul, en uiteindelik kul ons sommer baie. Op die ou end laat staan ons maar die dieet, maar dit is nie asof ons nie weet wat ons doen nie.

Dit is ook die geval met ons geestelike lewens. Ons moet onsself gereeld ondersoek. Ons weet baie goed wanneer ons begin om in ons geestelike lewe te kul. Daar is sekere vrae wat ons aan onself moet stel. Glo ons steeds wat ons bely het toe ons Christene geword het? Is ons steeds nie skaam om te sê dat ons Christene is nie? Is ons steeds toegewyd aan Hom? Bly ons getrou aan Hom selfs in moeilike tye?

Paulus sê: “Stel julleself op die proef”. As Christus in jou is kan jy nie help om ʼn Christen te wees en te doen wat reg is nie, selfs al is dit soms baie moeilik. Is jou innerlike wese, die kern van jou geloof, sterk?

Dit sal ons baie help as ons gereeld stiltetyd hou, die Bybel lees en dit wat ons lees oor na dink. Natuurlik moet ons ook gereeld in die kerk wees om saam met mede-gelowiges vir God te aanbid.

Hierdie en ʼn hele klomp dinge wat jou gesonde verstand vir jou sê, kan help om jouself en jou toewyding aan Christus te ondersoek. Op hierdie manier kan jy seker maak dat die kern van jou geloof sterk bly.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS