Bible Society of South Africa

Na die Woord – Dag 137

1 KRONIEKE 1–5, PSALM 26

Bybelteks(te)

Die voorvaders en die verspreiding van hulle nageslag

(Vgl. Gen. 10:2-30)

1Adam, Set, Enos, 2Kenan, Mahalalel, Jered, 3Henog, Metusalag, Lameg, 4Noag.

Noag se seuns was Sem, Gam en Jafet.

5Die geslag van Jafet:

Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras. 6Die nageslag van Gomer: Askenas, Rifat en Togarma. 7Uit Griekeland het Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners voortgekom.

8Die nageslag van Gam:

Kus, Egipte, Put en Kanaän. 9Die nageslag van Kus: Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama: Skeba en Dedan. 10Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde. 11Uit Egipte het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete, 12Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane. 13Uit Kanaän het gekom Sidon wat as sy oudste seun geld, en verder Het, 14die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, 15Hewiete, Erekiete, Siniete, 16Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat.

17Die nageslag van Sem:

Elam, Assirië, Arpaksad, Lud, Aram, Us, Gul, Geter en Mesek. 18Uit Arpaksad het Selag gekom, en uit Selag Heber. 19Vir Heber is twee seuns gebore. Die naam van die een was Peleg, want in sy tyd is die land verdeel, en die naam van sy broer was Joktan. 20Uit Joktan het gekom Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag, 21Hadoram, Usal, Dikla, 22Obal, Abimael, Skeba, 23Ofir, Gawila en Jobab. Hulle almal het uit Joktan voortgekom.

Abraham en sy nageslag

(Vgl. Gen. 11:10-32; 25:1-4,12-16; 36:1-30)

24Sem, Arpaksad, Selag, 25Heber, Peleg, Reü, 26Serug, Nahor, Tera en 27Abram, later Abraham genoem.

28Die seuns van Abraham was Isak en Ismael. 29Die oudste, Ismael, se nakomelinge was Nebajot, Kedar, Adbeël, Mibsam, 30Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema, 31Jetur, Nafis en Kedma. Hulle was die seuns van Ismael. 32Die seuns van Ketura, Abraham se byvrou: sy was die moeder van Simran, Joksan, Medan, Midian, Jisbak en Suag. Die seuns van Joksan was Skeba en Dedan, 33en die seuns van Midian was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle het almal uit Ketura voortgekom.

34Abraham was ook die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel. 35Die seuns van Esau was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag. 36Die seuns van Elifas was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Amalek. 37Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa. 38Die seuns van Seïr was Lotan, Sobal, Sibon, Ana, Dison, Eser en Disan. 39Die seuns van Lotan was Gori en Hemam. Timna was Lotan se suster. 40Die seuns van Sobal was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam. Die seuns van Sibon was Aja en Ana. 41Die seun van Ana was Disan. Die seuns van Disan was Gemdan, Esban, Jitran en Keran. 42Die seuns van Eser was Bilhan, Saäwan en Akan. Die seuns van Dison was Us en Aran.

Die regeerders van Edom

(Vgl. Gen. 36:31-43)

43Hier volg nou die name van die konings wat in Edom geregeer het voordat konings oor die Israeliete geregeer het: eers Bela seun van Beor. Sy stad se naam was Dinhaba. 44Na Bela se dood het Jobab seun van Serag, uit Bosra, hom as koning opgevolg. 45Na Jobab se dood is hy as koning opgevolg deur Gusam, uit die land van die Temaniete. 46Na Gusam se dood is hy as koning opgevolg deur Hadad seun van Bedad, wat vir Midian in die gebied van Moab verslaan het. Sy stad se naam was Awit. 47Na Hadad se dood is hy as koning opgevolg deur Samla van Masreka. 48Na Samla se dood is hy as koning opgevolg deur Saul van Regobot-aan-die-Rivier. 49Na Saul se dood is hy as koning opgevolg deur Baäl-Ganan seun van Akbor. 50Na Baäl-Ganan se dood is hy as koning opgevolg deur Hadar. Die naam van sy stad was Paü, en sy vrou se naam was Mehetabel dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.

51Na Hadar se dood was daar egter stamhoofde aan die bewind in Edom: Timna, Alwa, Jetet, 52Oholibama, Ela, Pinon, 53Kenas, Teman, Mibsar, 54Magdiël en Iram. Hulle was die stamhoofde van Edom.

1 KRONIEKE 1AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die stamvaders

1Hier volg die name van die seuns van Israel: Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Sebulon, 2Dan, Josef, Benjamin, Naftali, Gad en Aser.

Die nageslag van Juda

3Die seuns van Juda was Er, Onan en Sela, die drie wat vir hom gebore is uit sy Kanaänitiese vrou Bat-Sua. Er, Juda se oudste seun, het die Here mishaag en Hy het hom laat sterwe. 4Juda se skoondogter Tamar het vir hom Peres en Serag in die wêreld gebring. Hy het dus altesaam vyf seuns gehad.

5Die seuns van Peres was Gesron en Gamul, 6en die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda, vyf altesaam.

7Die seun van Karmi was Akan wat hom aangematig het om te vat wat aan die Here gewy was en so die dood oor Israel gebring het. 8Die seun van Etan was Asarja.

9Die seuns wat vir Gesron gebore is, was Jeragmeël, Ram en Kaleb. 10Ram was die vader van Amminadab, en Amminadab was die vader van Nagson, die heerser oor die Judeërs. 11Nagson was die vader van Salmon, Salmon die vader van Boas, 12Boas die vader van Obed, en Obed die vader van Isai. 13Isai was die vader van Eliab sy oudste, Abinadab sy tweede seun, Samma sy derde, 14Netanel sy vierde, Raddai sy vyfde, 15Osem sy sesde en Dawid sy sewende seun.

16Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja se drie seuns was Abisai, Joab en Asael. 17Abigal was Amasa se ma en sy pa was Jeter die Ismaeliet.

18Gesron se seun Kaleb was die pa van 'n dogter, Jeriot, by sy eerste vrou, Asuba. Jeser, Sobab en Ardon was ook haar seuns. 19Na Asuba se dood het Kaleb met Efrata getrou, en sy het vir hom Gur in die wêreld gebring. 20Gur was die vader van Uri, en Uri van Besaleël. 21Later het Gesron met 'n dogter van Makir, voorvader van Gilead, getrou. Gesron was toe sestig jaar oud, en sy vrou het Segub vir hom in die wêreld gebring. 22Segub was die vader van Jaïr, wat drie en twintig dorpe in Gilead besit het. 23Gesur en Aram het die tentdorpe van Jaïr verower saam met Kenat en sy buitedorpe, sestig dorpe in totaal. Hulle was almal seuns van Makir, vader van Gilead. 24Na Gesron se dood het Kaleb gemeenskap gehad met Efrata, 'n vrou van sy vader Gesron, en sy het vir hom Asgur, die vader van Tekoa, in die wêreld gebring.

25Die oudste seun van Gesron, Jeragmeël, se seuns by Agija was Ram, die oudste, en verder Buna, Oren en Osem. 26Jeragmeël het nog 'n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam.

27Ram, die oudste seun van Jeragmeël, se seuns was Maäs, Jamin en Eker. 28Onam se seuns was Sammai en Jada, en Sammai se seuns was Nadab en Abisur. 29Die naam van Abisur se vrou was Abihajil, en sy het vir hom Agban en Molid in die wêreld gebring. 30Die seuns van Nadab was Seled en Appajim, maar Seled het kinderloos gesterf. 31Appajim het 'n seun Jisi gehad. Jisi se seun was Sesan, en Sesan was die vader van Aglai.

32Jada se seuns was Agi, Sammai, Jeter en Jonatan. Jeter het kinderloos gesterf. 33Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Hierdie mense was almal nakomelinge van Jeragmeël.

34Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Hy het 'n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad, 35en hy het toe 'n dogter van hom met sy slaaf Jarga laat trou. Sy het vir Jarga 'n seun Attai in die wêreld gebring. 36Attai was die vader van Natan, Natan die vader van Sabad, 37Sabad van Eflal, Eflal van Obed, 38Obed van Jehu, en Jehu die vader van Asarja. 39Asarja was die vader van Geles, Geles van Elasa, 40Elasa van Sismai, Sismai van Sallum, 41Sallum van Jekamja en Jekamja die vader van Elisama.

42Die geslag van Kaleb, Jeragmeël se broer, was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was die vader van Sif, terwyl die seun van Maresa die vader van Hebron was. 43Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema. 44Sema was die vader van Ragam, vader van Jorkoam. Rekem was die vader van Sammai. 45Sammai het 'n seun Maon gehad, en Maon was die vader van Bet-Sur. 46Kaleb se byvrou Efa het vir Garan, Mosa en Gases in die wêreld gebring. Garan was die vader van Gases. 47Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf. 48Nog 'n byvrou van Kaleb, Maäka, het vir Seber en Tirgana in die wêreld gebring. 49Sy het ook vir Saäf, vader van Madmanna, en vir Sewa, vader van Makbena en Giba, in die wêreld gebring. Aksa was 'n dogter van Kaleb. 50Dit dan was Kaleb se nakomelinge.

Die seuns van Gur, die oudste seun van Efrata, was Sobal vader van Kirjat-Jearim, 51Salma vader van Betlehem, en Garef vader van Bet-Gader. 52Uit Sobal vader van Kirjat-Jearim het gekom: Reaja, die helfte van Managat se mense, 53en die volgende geslagte van Kirjat-Jearim: die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die Soraners en Estaolers voortgekom. 54-55Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die ander helfte van Managat se mense, die Soreërs, en die skrywersgeslagte wat in Jabes woon, naamlik die Tirateërs, Simateërs en Sukateërs, was nakomelinge van Salma. Hulle is die Keniete wat van Gammat vader van Bet-Rekab afstam.

1 KRONIEKE 2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die nageslag van Dawid

1Die volgende was Dawid se seuns wat in Hebron vir hom gebore is: die oudste was Amnon uit die Jisreëlitiese vrou Aginoam; die tweede Daniël uit die Karmelitiese vrou Abigajil; 2die derde, Absalom, was 'n seun van Maäka dogter van koning Talmai van Gesur; die vierde, Adonia, was 'n seun van Gaggit; 3die vyfde, Sefatja, se ma was Abital; en die sesde, Jitream, was die seun van Dawid se vrou Egla. 4Dié ses is vir hom in Hebron gebore, waar hy sewe jaar en ses maande lank koning was. In Jerusalem was hy drie en dertig jaar lank koning. 5Die volgende seuns is vir hom in Jerusalem gebore: Sima, Sobab, Natan en Salomo, al vier seuns van Batseba dogter van Ammiël, 6en verder die nege seuns Jibgar, Elisua, Elpelet, 7Noga, Nefeg, Jafia, 8Elisama, Eljada en Elifelet. 9Behalwe die seuns van die byvroue was dit al Dawid se seuns, maar hulle het 'n suster ook gehad: Tamar.

10Die seun van Salomo was Rehabeam, en die geslag loop dan oor Abia, Asa, Josafat, 11Joram, Ahasia, Joas, 12Amasia, Asarja, Jotam, 13Agas, Hiskia, Manasse 14en Amon tot by Josia. 15Josia se seuns was: Joganan, die oudste, die tweede oudste Jojakim, die derde Sedekia en die vierde Sallum. 16Die seuns van Jojakim was Jojagin en Sedekia. 17Die seuns van die balling Jojagin was Sealtiël, 18Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja. 19Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simi. Die seuns van Serubbabel was Mesullam en Gananja wat 'n suster Selomit gehad het, 20en verder die vyf seuns Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed. 21Gananja se seuns was Pelatja en Jesaja, en die seuns van Refaja was Arnan, Obadja en Sekanja. 22Die ses seuns van Sekanja was Semaja, Gattus, Jigal, Bariag, Nearja en Safat. 23Nearja het drie seuns gehad: Eljoënai, Hiskia en Asrikam. 24Eljoënai se sewe seuns was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja en Anani.

1 KRONIEKE 3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die stam Juda

1Die seuns van Juda was: Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal. 2Sobal se seun Reaja was die vader van Jagat, en Jagat die vader van Agumai en Lahad. Hulle is die Soranergeslagte. 3Die seuns van Etam was Jisreël, Jisma en Jidbas. Die naam van hulle suster was Selelponi. 4Penuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Gusa. Hulle het voortgekom uit Gur, die oudste seun van Efrata, vader van Betlehem. 5Asgur, vader van Tekoa, het twee vrouens gehad, Gela en Naära. 6Naära het vir hom Agussam, Gefer, Temni en Agastari in die wêreld gebring. Hulle was die seuns van Naära. 7Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan. 8Kos was die voorvader van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel seun van Harum. 9Jabes het voorrang geniet bo sy broers. Toe sy ma hom die naam Jabes gegee het, het sy gesê: “Ek het hom met smart in die wêreld gebring.”

10Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.”

God het laat gebeur wat hy gevra het.

11Kelub broer van Suga was die vader van Megir. Dié was die vader van Eston. 12Eston was die vader van Bet-Rafa, Paseag en Teginna vader van Ir-Nagas. Hulle is die mense van Reka.

13Die seuns van Kenas was Otniël en Seraja, en die seuns van Otniël was Gatat 14en Meonotai, wat die vader was van Ofra. Seraja was die vader van Joab, stigter van Vakmansdal; hulle was vakmanne. 15Die seuns van Kaleb seun van Jefunne was Iru, Ela en Naäm. Die seun van Ela was Kenas. 16Die seuns van Jehallelel was Sif, Sifa, Tireja en Asarel. 17Die seuns van Esra was Jeter, Mered, Efer en Jalon. Mered was die vader van Mirjam, Sammai en Jisbag vader van Estemoa. 18Mered se Judese vrou was die moeder van Jered vader van Gedor, Geber vader van Soko, en Jekutiël vader van Sanoag. Die ander was seuns van Bitja, 'n farao se dogter met wie Mered getroud was. 19Hodija se vrou was 'n suster van Nagam vader van Keïla. Haar seuns was Garmi en Estemoa van Maäka. 20Die seuns van Simon was Amnon en Rinna, die seun van Ganan was Tilon en die seun van Jisi was Soget. Soget het ook 'n seun gehad. 21Uit die geslag van Sela seun van Juda was daar Er vader van Leka, en Lada vader van Maresa, en die linnewerkersgildes van Bet-Asbea. 22Verder was daar nog Jokim en die mense van Koseba, asook Joas en Saraf wat in Moab gesag gevoer het, en Jasubi-Legem. Hierdie lyste kom uit 'n ou oorlewering. 23Hierdie mense was die pottebakkers wat in Netaïm en Gedera by die koning gewoon het. Hulle het daar gewoon omdat hulle in sy diens was.

Die stam Simeon

24Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul. 25Saul se seun was Sallum, dié se seun Mibsam, dié se seun Misma. 26Die seun van Misma was Gammuel, dié se seun Sakkur, dié se seun Simi. 27Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie, en al hulle geslagte saam was daarom nie soveel as dié van die Judeërs nie. 28Hulle het gewoon in Berseba, Molada, Gasar-Sual, 29Baäla, Esem, Eltolad, 30Betuel, Gorma, Siklag, 31Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim. Dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het. 32Hulle buiteposte was Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan, vyf stede. 33Verder was hulle woonplekke al die buiteposte wat rondom dié stede was, tot by Baäl, en hulle is so in die geslagsregister opgeneem.

34Mesobab, Jamlek, Josa seun van Amasia, 35Joël, Jehu seun van Josibja, seun van Seraja, seun van Asiël, 36Eljoënai, Jaäkoba, Jesogaja, Asaja, Adiël, Jesimiël, Benaja, 37Sisa seun van Sifi, seun van Allon, seun van Jedaja, seun van Simri, seun van Semaja, 38is mense wie se name in die lys opgeneem is. Hulle was heersers oor hulle geslagte, en hulle families was talryk. 39Hulle het getrek tot by die ingang van Gedor, oos van die laagte, op soek na weiveld vir hulle kleinvee, 40en hulle het geil en goeie weiveld gekry. Die wêreld was oop na alle kante toe en ook rustig en stil. Mense van Gam het tevore daar gewoon, 41maar in die tyd van koning Hiskia van Juda het hierdie mense wie se name in die lys opgeneem is, daar ingetrek en die nedersettings van Gam verslaan, asook die Meüniete wat daar te vinde was. Die Simeoniete het hulle heeltemal uitgewis en in hulle plek gaan woon, want daar was weiveld vir die Simeoniete se kleinvee. 42Verder het van hulle, dit is van die Simeoniete, vyf honderd man na Seïrberg toe getrek. Aan hulle hoof was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, seuns van Jisi. 43Hulle het wat oor was van Amalek, verslaan en woon nou nog daar.

1 KRONIEKE 4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die stam Ruben

1Ruben was die oudste seun van Israel, maar omdat hy bloedskande gepleeg het met 'n vrou van sy pa, is sy rang van oudste seun oorgedra op die seuns van Josef seun van Israel, en daarom word Ruben nie as oudste in die geslagsregister opgeneem nie. 2Juda het wel oor sy broers gesag verkry, en uit hom het die koning voortgekom, maar Josef het die rang van oudste seun gehad. 3Die seuns van Ruben, oudste seun van Israel, was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi. 4Die afstammelinge van Joël was in volgorde: Semaja, Gog, Simi, 5Miga, Reaja, Baäl 6en Beëra vir wie koning Tiglat-Pileser van Assirië gevange weggevoer het. Beëra was 'n heerser oor die stam Ruben. 7Sy broers, soos hulle naas sy geslag volgens afstamming opgeneem is in die lys, was Jeïel, die leier, en verder Sagaria 8en Bela seun van Asas, seun van Sema, seun van Joël. Hulle het gewoon in Aroër en tot by Nebo en Baäl-Meon. 9Na die oostekant toe het hulle gewoon tot teen die woestyn aan die Eufraatrivier, want hulle vee het baie geword in Gilead. 10In Saul se tyd het hulle 'n aanval gemaak op die Hagareërs, hulle verslaan en in hulle nedersettings gaan woon in die hele oostelike deel van Gilead.

Die stam Gad

11Teenoor die Rubeniete het die Gadiete in Basan gewoon, tot by Salka. 12Joël was die hoof en Safam die tweede in rang. Verder was daar in Basan ook nog Janai en Safat. 13Hulle stamgenote volgens hulle families was Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber, sewe altesaam. 14Dié was afstammelinge van Abigajil seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus. 15Agi seun van Abdiël, seun van Guni, was hulle familiehoof. 16Hulle het gewoon in Gilead, in Basan en sy voorposte en in al die veegebiede van Saron sover as wat dié gestrek het. 17Hulle is almal in die register opgeneem in die tyd van koning Jotam van Juda en koning Jerobeam van Israel.

Die oorlog teen die Hagareërs

18Van die Rubeniete, Gadiete en die halwe Manassestam was vier en veertig duisend sewe honderd en sestig weerbare manne, vegsmanne met skild en swaard gewapen, boogskutters en opgeleide vegters. 19Toe hulle die Hagareërs, en vir Jetur, Nafis en Nodab aangeval het, 20het hulle hulp ontvang en is die Hagareërs en al hulle bondgenote aan hulle onderwerp. Hulle het God in die stryd aangeroep en Hy het hulle verhoor omdat hulle hulle vertroue in Hom gestel het. 21Aan vee het hulle vyftig duisend kamele gebuit, twee honderd en vyftig duisend stuks kleinvee en twee duisend donkies, en hulle het ook nog honderd duisend gevangenes weggevoer. 22Daar het bowendien baie mense gesneuwel, want dit was 'n oorlog wat deur God gevoer is. Hulle het toe die verowerde gebied bewoon tot met die ballingskap.

Die halwe Manassestam

23Die halwe Manassestam het gewoon in die streek van Basan af tot by Baäl-Hermon en Senir en Hermonberg. Hulle was baie. 24Hulle familiehoofde was die volgende: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël, almal vermoënde en gesiene manne wat leiers van hulle families was.

Die wegvoering van die stamme oos van die Jordaan

25Maar hierdie stamme was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het oorgeloop na die gode van die landsbevolking wat ter wille van hulle deur God uitgeroei is. 26Daarom het die God van Israel vir koning Pul van Assirië, dit is Tiglat-Pileser, aangehits, en dié het hulle as krygsgevangenes weggevoer. Hy het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe Manassestam verplaas na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier, waar hulle nou nog is.

1 KRONIEKE 5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ek is onskuldig

1Van Dawid.

Laat reg aan my geskied, Here,

want ek is onskuldig.

Ek het op die Here vertrou

en nie getwyfel nie.

2Toets my, Here, keur my,

ondersoek my deur en deur.

3Ek laat my deur u liefde lei

en ek lewe deur u trou.

4Ek hou my nie op met bedrieërs nie

en met agterbakse mense gaan ek nie om nie.

5Ek vermy die geselskap van misdadigers

en hou my nie op met goddeloses nie.

6As 'n onskuldige, Here, was ek my hande

en draai ek na u altaar toe

7om my loflied te sing

en van al u wonders te vertel.

8Here, u woonplek,

die tuiste van u heerlikheid, het ek lief.

9Moet my tog nie saam met die sondaars,

met die moordenaars laat omkom nie.

10Daar is bedrog in hulle hande,

hulle regterhande is vol omkoopgeld.

11Maar ek is onskuldig.

Red my en wees my genadig;

12dan is my pad vorentoe gelyk

en sal ek die Here prys in die samekoms van die gemeente.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS