Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Maak ʼn verskil – Dag 8

Gehoorsaamheid maak ʼn verskil in die lewe

Bybelteks(te)

1 PETRUS 1

14As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie.

1 PETRUS 1:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

1 PETRUS 1

2Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!

1 PETRUS 1:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 14

Die Heilige Gees sal by julle bly

15“As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.

JOHANNES 14:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 14

21“Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.”

JOHANNES 14:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

PSALMS 66

18As daar sonde in my hart was,

sou die Here nie geluister het nie.

PSALMS 66:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

“As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie.” 1 Petrus 1:14

Gehoorsaamheid is goed en reg. Of dit nou ʼn hond is wat sy baas gehoorsaam, ʼn kind sy ouers, ʼn volwassene sy meerdere, of die wind en die branders van die See van Galilea wat Jesus gehoorsaam, dit lok ʼn positiewe reaksie uit. Gehoorsaamheid bring kalmte en harmonie. Ongehoorsaamheid veroorsaak friksie en beroof ons van vrede.

Gehoorsaamheid is kragtig. Dit kan ʼn persoon se lewe verander en dit bring begrip, volwassendheid, vervulling en beloning mee. Ouers beloon dikwels gehoorsame kinders, en troeteldiereienaars beloon hulle troeteldiere, maar dit is die Here se belonings wat groot krag het. In Deuteronomium 28:1-14 lees ons van al die seëninge wat God beloof aan diegene wat aan Hom gehoorsaam is, insluitend die belofte om hulle die kop en nie die stert te maak nie (Deuteronomium 28:13). Die grootste seëning is egter om te weet dat God omgee en dat Hy in ʼn verhouding met ons wil wees.

Desnieteenstaande, gehoorsaamheid is selde ʼn gewilde konsep. Dit word dikwels gesien as ʼn las wat al ons regte wegneem en ons plesier gaan belemmer, maar in werklikheid om God se gebooie te ignoreer, lei tot ellende en twis en beroof ons van vrede en selfrespek. Adam en Eva is in die Tuin van Eden deur die duiwel verlei, en het vir God weggekruip. Ons doen dit ook. Dit belemmer ons groei in genade. Petrus praat met diegene wat uitverkies is “om aan Hom gehoorsaam te wees …” (1 Petrus 1:2)

Jesus sê baie duidelik: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer” (Johannes 14:15) en “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” (Johannes 14:21) Gehoorsaamheid bring ons nader aan die hart van Jesus, maar ongehoorsaamheid versper die weg en belemmer ons gebedslewe. Die psalmdigter sê: “As daar sonde in my hart was, sou die Here nie geluister het nie.” (Psalm 66:18)

Wat is jou ondervinding? Voel jy dat God jou gebede beantwoord? Reageer jy positief op die Here se “stil, stem hier binne” of wanneer jy bewus word dat Hy by jou aandring om iets te doen? Gehoorsaam jy vinnig, of maak jy seker dat jy gou aan iets anders dink, omdraai en verder slaap? Probeer jy die Skrif in aksie kry? Probeer jy ten minste ophou om dinge wat jy weet verkeerd is, te doen? Gehoorsaamheid aan God is reg en kragtig en bring Hom lof en eer.

Die wind en die branders het Jesus gehoorsaam. Moet ons nie ook aan Hom gehoorsaam wees nie?

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS