Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Maak ʼn verskil – Dag 5

Beproewings is bedekte seëninge

Bybelteks(te)

1 PETRUS 1

6Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.

1 PETRUS 1:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

JAKOBUS 1

Geloof en wysheid

2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

JAKOBUS 1:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

ROMEINE 8

28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

ROMEINE 8:28AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ʼn kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.” (1 Petrus 1:6-7)

Beproewings tref ons op verskillende maniere, maar besef jy vir die Christen is dit ʼn positiewe ervaring?

Ons is hartseer wanneer ʼn geliefde sterf of ʼn kind emigreer; maar wanneer iets in ons huwelik verkeerd is of ons op ʼn betaling wag, kan die beproewing anders wees. Of jou werk nou in die spervuur is omdat jy op grond van jou geloof vir iets of iemand opgekom het, en of jy nou op reën wag, of jou in die pad van ʼn orkaan bevind, sê Jakobus: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.” (Jakobus 1:2-3)

Beproewings mag onaangenaam wees, maar ons groei daardeur. In skole word proewe of toetse vir ʼn rede gehou. Ons hou selde daarvan, want ons is bang dit kan ons kanse om ʼn span te haal of na ʼn spesifieke universiteit te gaan, benadeel. Dit maak nie saak wat die uitkoms is nie, deur beproewings groei ons en dit ontwikkel karakter, wysheid en uithouvermoë.

Ons verduur hierdie beproewings as Christene want ons besit iets kosbaarder as goud. Ons geloof is kosbaar en beproewings is die Here se manier om seker te maak dat dit eg is. Indien ons plastiese kos kry om te eet, vervalste geld om klere te koop, vals nuus oor hoe dit met ons gesin of land gesteld is, sal dit ons enigsins help? Natuurlik nie. Ons verstaan dat dit waardeloos is en ons nie sal help om iets te bereik nie. Met geloof is dit dieselfde: dit sal ons nie help indien dit nie eg is nie.

Ons aanvaar die ironie van lyding wat ons geloof verfyn, want Jesus gee aan ons ʼn ewige lewe en ons verheug ons in elke ondervinding – self in pyn. Petrus verseker ons dat beproewing ons in ons geloofslewe sal help en dat dit tot lof en eer van Jesus Christus sal wees.

Dit is wonderlik dat God ons ken en dat Hy ons met liefde behandel! Wanneer ons deur ʼn beproewing in Hom volhard, is Hy in staat om ons krisis te verander en ons harte met blydskap te vul. Hy vertroos ons in ons hartseer, herstel en versterk die huwelik wat probleme ondervind het, die orkaan verander van rigting, die reën val. Hy verander ons begrip en ons loof Hom dat Hy ons deur ons beproewings dra. Paulus bevestig dit wanneer hy sê: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” (Romeine 8:28)

Mag die Here jou deur al die beproewings in jou lewe seën!

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS