Bible Society of South Africa
Neville Turley (en Mims Turley)

Lewenslesse uit die Bybel – Dag 12

Ussia, die koning wat alles gehad het

Bybelteks(te)

SPREUKE 16

18Op hoogmoed volg ondergang,

op selfverheffing volg die val.

SPREUKE 16:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

As daar nou al ooit ʼn koninklike met die goue lepel in die mond gebore is, was dit Ussia. Hy was 16 jaar oud toe hy as koning van Juda gekroon is.

Die jong koning het nie ʼn voet verkeerd gesit nie; hy was gewild: “Hy het na die wil van God gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van God gehad het. In die tyd dat Ussia na die wil van die Here gevra het, het God dit goed laat gaan met hom (2 Kronieke 26:5).

Ussia was baie bekend vir sy militêre dapperheid. Sy leër was goed opgelei en toegerus. Hy het oorwinning na oorwinning behaal.

Bykomend het hy ook Juda se landbou ontwikkel. Hy het forte in die weiveld laat bou en putte laat grawe want hy het baie vee gehad in die laeveld en op die platorand. Hy het mense gehad wat sy landerye en wingerde bewerk het, want hy was lief vir die grond (2 Kronieke 26:10).

Juda het al hoe meer welvarend geword en Ussia al hoe belangriker en magtiger. Dit maak egter nie saak hoe begaafd ons is nie, ons moet nooit dink dat dit wat ons bereik net as gevolg van ons eie pogings is nie. Ussia het; hy het baie hoogmoedig en ingenome met homself geword en God nie meer gevrees nie.

Hy het na die tempel toe gegaan en hy wou self wierook op die altaar brand. Die priesters het hom gekeer aangesien hy nie daarvoor toegewy was nie. Ussia het sy humeur verloor en was briesend vir die preisters. Maar terwyl hy besig was om uit te vaar het melaatsheid op sy voorkop uitgebreek. Die priesters het hom uit die tempel verdryf. Hy self wou ook wegkom want hy het besef dat die Here hom met dié ramp getref het.

Koning Ussia het sy laaste jare as ʼn melaatse in afsondering deurgebring, uitgesluit van die tempel. Die koning wat eens alles gehad het, het alles verloor.

Hoogmoed is die dodelikste sonde; dit skei ons van God en verhoed ons om ware gemeenskap (“fellowship”) te geniet.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS