Bible Society of South Africa

Lewenskrag – Dag 3

- My hulp kom van die Here
- Die Here beskerm sy volk
- Ek wag op die Here

Bybelteks(te)

My hulp kom van die Here

1'n Pelgrimslied.

Ek kyk op na die berge:

waarvandaan sal daar vir my hulp kom?

2My hulp kom van die Here

wat hemel en aarde gemaak het.

3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;

Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.

4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie

en Hy slaap nie.

5Die Here beskerm jou,

die Here bewaar jou van alle gevare.

6Bedags sal die son jou nie steek nie

en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.

7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,

jou lewe sal Hy beskerm.

8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,

nou en vir altyd.

PSALMS 121:1-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Here beskerm sy volk

1'n Pelgrimslied.

Dié wat op die Here vertrou,

is soos Sionsberg

wat nie wankel nie

en altyd vas bly staan.

2Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm,

so beskerm die Here sy volk,

nou en vir altyd.

PSALMS 125:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ek wag op die Here

1'n Pelgrimslied.

Uit die dieptes roep ek na U, Here,

2luister tog na my, Here,

hoor tog my hulpgeroep.

3As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here,

wie sou dan nog bestaan?

4Maar by U ís daar vergifnis:

daarom word U steeds gedien.

5Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom,

ek wag op die vervulling van sy woord.

6Ek wag op die Here

meer as wat die wagte op die môre wag,

wagte op die môre.

7Wag op die Here, Israel,

want by die Here is daar troue liefde,

by Hom is die verlossing seker.

8Hy alleen sal Israel verlos

van al sy sondes.

PSALMS 130:1-8AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS