Bible Society of South Africa

Lewenskrag – Dag 4

- U regterhand hou my vas
- Vertrou volkome op die Here
- Vrede en voorspoed

Bybelteks(te)

7Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?

Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?

8Klim ek op na die hemel, is U daar,

gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.

9Vlieg ek na die ooste,

of gaan woon ek in die verre weste,

10ook daar lei u hand my,

hou u regterhand my vas.

11Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek,

of die lig rondom my om in nag te verander,

12maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie

en die nag so lig soos die dag,

duisternis so goed soos lig.

PSALMS 139:7-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Vertrou volkome op die Here

en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

6Ken Hom in alles wat jy doen

en Hy sal jou die regte pad laat loop.

SPREUKE 3:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

3en wat op Hom vertrou.

Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here,

want hulle het hulle vertroue op U gestel.

4Vertrou altyd op die Here,

want die Here God is 'n veilige toevlug.

JESAJA 26:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS