Bible Society of South Africa

Lewenskrag – Dag 2

- Neem tog my sonde weg
- Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
- Ek wil die Here loof

Bybelteks(te)

Neem tog my sonde weg!

1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan 2dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.

3Wees my genadig, o God, in u troue liefde,

wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!

4Was my skoon van my skuld,

reinig my van my sonde!

5Ja, my oortredings ken ek

en van my sonde bly ek altyd bewus.

6Teen U alleen het ek gesondig,

ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.

U uitspraak is dus reg

en u oordeel regverdig.

7Ek was al skuldig toe ek gebore is,

met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.

8Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart:

laat ek dan diep in my binneste weet

hoe U wil dat ek moet lewe.

9Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees,

was my dat ek witter as sneeu kan wees.

10Laat my weer blydskap en vreugde belewe.

U het my verbrysel; laat my weer jubel.

11Moet tog nie ag slaan op my sondes nie,

wis al my skuld uit!

12Skep vir my 'n rein hart, o God,

vernuwe my gees en maak my standvastig.

PSALMS 51:1-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

1Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,

2hy sê vir die Here:

“U is my toevlug en my veilige vesting,

my God op wie ek vertrou.”

3Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou

en jou bewaar van dodelike siekte.

4Hy beskut jou onder sy vleuels

en is vir jou 'n veilige skuilplek.

Sy trou beskerm jou aan alle kante.

PSALMS 91:1-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Onverganklik is die liefde van die Here

1Van Dawid.

Ek wil die Here loof,

met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.

2Ek wil die Here loof

en nie een van sy weldade vergeet nie.

3Dit is Hy wat al my sonde vergewe,

wat al my siekte genees,

4wat my red van die graf

en my met liefde en ontferming kroon,

5wat my die goeie in oorvloed laat geniet,

my die jeugdige krag van die arend skenk.

PSALMS 103:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS