Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Leef gelukkig … vandag – dag 7

Leef gelukkig vandag … sonder vrees

Bybelteks(te)

JESAJA 53

4Tog het hy óns lyding op hom geneem,

óns siektes het hy gedra.

Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word,

wat deur God geslaan en gepynig word.

5Oor óns oortredings is hy deurboor,

oor óns sondes is hy verbrysel;

die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom,

deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

JESAJA 53:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

HEBREËRS 13

5Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

HEBREËRS 13:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

JESAJA 1

18Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here:

Al was julle skarlakenrooi van sonde,

julle sal wit word soos sneeu.

Al was julle purperrooi,

julle sal wit word soos wol.

JAKOBUS 1

5As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

JEREMIA 29

11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

JEREMIA 29:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

PSALMS 37

5Laat jou lewe aan die Here oor

en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

[Agtergrond: Ná die vorige dagstukkie, het heelwat lesers gevra dat ek iets moet skryf oor hoe ons vrese in ons lewens beter kan hanteer. Ek deel graag ʼn beeld met jou wat jou dalk kan help om jou geloof te behou as jou vrese dreig om jou te oorweldig.]

Het jy al gesien hoe die bose karakter in ʼn animasieprent een van die ander karakters met messe deur sy klere ʼn paar sentimeter bo die grond teen ʼn muur vaspen? Vir ʼn oomblik is die vasgepende karakter só oorweldig deur vrees dat hy vergeet dat hy ongedeerd is en maklik van die muur kan loskom. Al wat hy moet doen, is om sy arms en bene lank genoeg heen en weer te wikkel totdat die messe loskom en op die grond val – dan is hy vry.

Die vyand in ons lewens volg dieselfde strategie. Hy gebruik ook messe (in die vorm van vrese in ons lewens) om ons te laat voel asof ons met ons rug teen die muur, ʼn entjie bo die grond, vasgepen is. Die waarheid is egter dat dit heelwat makliker is om uit hierdie vreesaanjaende greep los te kom as wat ons dink. Jesus het dit immers aan ons gedemonstreer toe die vyand hom in die woestyn probeer verlei het. Hy het na die beloftes van God teruggekeer. Dít was sy wapen teen die vyand en dit is ook ons wapen. Met God se beloftes kan ons die messe wat ons vaspen (vrese in ons lewens) ook uit die muur trek en op die grond laat val.

Hier is ʼn paar praktiese voorbeelde van God se beloftes as die vyand jou weer probeer aanval:

  • Vrees vir siekte: In Jesaja 53:4-5 staan geskryf: “Tog het hy [Jesus] óns siektes gedra … deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.”
  • Vrees vir eensaamheid: In Hebreërs 13:5 sê God: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
  • Vrees dat God jou nie sal vergewe vir iets wat jy gedoen het nie: In Jesaja 1:18 sê God: “Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.”
  • Vrees vir verkeerde besluite: In Jakobus 1:5 staan geskryf: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”
  • Vrees vir die toekoms: In Jeremia 29:11 staan geskryf: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ʼn toekoms gee, ʼn verwagting!”
  • Vrees dat jy nie ʼn lewensmaat sal kry nie, dat jy nooit ʼn baba sal hê nie, dat jou huwelik in ʼn egskeiding gaan eindig of watter ander vrees ook al: In Psalm 37:5 staan geskryf: “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

Kom ons kies om vandag gelukkig te leef met geloof en vertroue in God. Hy kan in ʼn oogwink aan jou ʼn lewensmaat of ʼn baba gee, jou huwelik herstel, al voel dit asof jy op die randjie van ʼn egskeiding staan of jou geliefde genees, al gee die dokters hom of haar net ʼn maand om te leef. En God kan die messe rondom jou uit die muur trek en jou veilig op die grond laat staan. Het Jesus dan nie reeds die vyand oorwin nie? Sterkte.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS