Bible Society of South Africa

Kersfees – Dag 3

Kry die Kersverhaal agtermekaar.

Bybelteks(te)

4Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe

GALASIËRS 4:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

11Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre.

MATTEUS 2:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem.

Wanneer dit kom by die oorsprong van Kersfees, kom ons probeer ten minste die kennis wat ons daaroor uit die Woord kry, te onderskei van tydgeheiligde waarhede of sentimentele tradisies. Die drie konings/wyse manne/sterrekykers van die ooste was nie by Christus se geboorte in die stal soos al die kerskaartjies ons probeer wysmaak nie. En al was hulle daar het ons nie hulle name geken nie. En as diere teenwoordig was by die geboorte en dalk eerbiedig gebulk het was dit nie omdat hulle enige insig gehad het in wie die kind was en wat sy sending op aarde nie, maar bloot omdat hulle gedoen het wat diere doen. Die verhaal wat Matteus en Lukas vertel verskil hemelsbreed van mekaar en Markus maak geen melding van hierdie buitengewone gebeurtenis nie.

So wat kan ons glo as waar en eg oor Christus se geboorte?

Eerstens dat dit nie ʼn onverwagte gebeurtenis was nie. Verskeie Ou Testamentiese profesieë voorspel die geboorte van die Messias, die Gesalfde, wat sou kom om die volk van God te red. Dit word deur die meeste gelowiges aanvaar dat Jesus Christus gebore is uit die Maagd Maria in vervulling van die profeet Jesaja se voorspellings in Jesaja 7:14. Vanuit ʼn meer teologies beskrywende oogpunt sê Johannes dat die ewige en die goddelike Woord vlees geword en dat God dus by die mensdom sy “tent opgeslaan het”. Die leer van die inkarnasie of vleeswording beteken dat die tweede persoon in die Drie-eenheid die gestalte van ʼn mens aangeneem het en onder ons kom woon het. Jesus is dus volmaak goddelik sowel as volmaak menslik sonder om sy goddelikheid prys te gee of sy menslikheid op te offer.

Hoekom! Hoekom het God mens geword? Om tot die redding van die mensdom te kom en om as koning oor hulle te heers. So het Hy die belofte van die langverwagte koning vervul. In sy rol as Heer en Koning onthul Hy God aan die mens. Dit, in kort, is waaroor Kersfees gaan. Gaan en vier dit in die vreugde van jou Redder en Heer!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS