Bible Society of South Africa
Neville Turley

Juwele uit die Psalms – Dag 8

Lus vir die lewe

Bybelteks(te)

3Erken dat die Here God is:

Hy het ons gemaak en ons is Syne,

ons is sy volk, sy eie kudde.

PSALMS 100:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hoe sal jy jouself beskryf? Vrolik, of beswaard oor dit wat die lewe jou bied?

In ons samelewing is daar soveel geweld en nare dinge wat seermaak dat dit maklik is om ons lus vir die lewe te verloor. Die tyd waarin ons leef laat ons dikwels die ergste vrees. Mediaberigte oor wrede moorde, verkragtings, rooftogte en geweld in die algemeen is alledaags.

Die woorde wat die Skotse digter Robert Burns in 1784 geskryf het, is vandag steeds relevant: “Man’s inhumanity to man makes countless thousands mourn.”

Dit is nie net slagoffers van geweld en ongeregtigheid wat hulle lus vir die lewe verloor nie. Soms kan ware of denkbeeldige probleme met familie, vriende of kollegas ons verhoudings met hulle versuur.

Die oortuiging dat ons te nagekom is, kan soms ʼn negatiewe impak op alle terreine van ons lewens wees. Om te keer dat ons nie in ʼn diep depressie verval nie, moet ons hierdie selfvernietigende houding oorkom. Lees weer ons teksvers vir vandag – die Bybel vertel ons hoe om dit reg te kry: “Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde” (Psalm 100:3).

Daar is geen rede om verbitterd deur die lewe te gaan nie. Die almagtige Skepper is ook ons hemelse Vader wat vir ons omgee en in ons behoeftes voorsien. Daardie heilige belofte behoort ons met vreugde te laat sing en Hom met danbaarheid te loof en prys. Wat ook al ons omstandighede, God is getrou. Hy is in hierdie oomblik by jou en sal altyd met jou wees.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS