Bible Society of South Africa
Neville Turley

Juwele uit die Psalms – Dag 7

Wie is ek?

Bybelteks(te)

5wat is die mens dan

dat U aan hom dink,

die mensekind dat U na hom omsien?

6U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak

en hom met aansien en eer gekroon,

7U laat hom heers oor die werk van u hande,

U het alles aan hom onderwerp:

PSALMS 8:5-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Het jy al in die stilte van die nag opgekyk na die maanverligte hemel en jou verwonder aan die helderheid van die sterre wat soos diamante skitter? Om die wonder en uitgestrektheid van God se skepping met jou as ʼn mens te vergelyk, is ʼn nederige ervaring. Dit laat jou baie klein en nietig voel.

Eeue voor die koms van Christus het Dawid ook so na die naghemel gekyk. Dit wat hy gesien het, het hom so beïndruk dat hy begin het om vrae aan God te stel.

Hy vra aan God: “… wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?” En hy ontvang ʼn goddelike openbaring: “U het hom net ʼn bietjie minder as ʼn hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp” (Psalm 8:6-7)

Gary Younge het ʼn boek geskryf met die titel, Who are We – And Should it Matter in the 21st Century? Die bybelse antwoord op die vraag wat in die boektitel gevra word, is “ja, dit maak baie saak.”

God het sy ganse skepping aan die mensdom toevertrou. Dit is wat ons van alle ander vorms van lewe onderskei.

Hy het ons as beskermers van sy skepping aangestel en ons is aanspreeklik vir wat ons daarmee doen. Dit is ʼn ontsaglike verantwoordelikheid. Hoe kan ʼn individu met ʼn beperkte invloed enigsins so ʼn opdrag uitvoer?

Miga, die profeet, het vir ons ʼn bloudruk neergepen: “Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God” (Miga 6:8).

Loof die Here dat daar nie van ons verwag word om dié pad alleen te stap nie. Die God van geregtigheid en liefde wat Homself in Jesus Christus openbaar, sal elke tree van die pad met ons wees. Gelei deur die Heilige Gees, kan ons in die geloof voortgaan om die wil van God tot sy eer uit te voer.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS