Bible Society of South Africa
Neville Turley

Juwele uit die Psalms – Dag 6

God in my hart

Bybelteks(te)

15Mag wat ek sê en wat ek dink

tog vir U aanneemlik wees,

Here, my Rots en my Verlosser.

PSALMS 19:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

39Maar die Here sê vir hom:

“Ja, julle Fariseërs! Julle maak die buitekant van bekers en borde skoon, maar binnekant is julle self vol inhaligheid en gemeenheid. 40Julle dwase! Het Hy wat die buitekant gemaak het, nie ook die binnekant gemaak nie?

LUKAS 11:39-40AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons teksvers vir vandag word dikwels deur predikante gebid voordat hulle met die preek begin. Dit is ʼn opregte versoek dat hulle woorde en denke vir die Here aanneemlik sal wees.

Hierdie juweel van ʼn gebed is egter nie net tot die kansel beperk nie, maar behoort volledig deel van elke Christen se wapenrusting te wees. Die psalmdigter vra dat sy woorde en denke vir die Here aanneemlik moet wees. Jesus beklemtoon oor en oor dat slegs dit wat ons dink en wat in ons hart leef, werklik saak maak. God verdra nie onopregtheid nie. Ons kan nie een ding dink en ʼn ander ding doen nie.

Een keer het Jesus die Fariseërs berispe en gesê: “Ja, julle Fariseërs! Julle maak die buitekant van bekers en borde skoon, maar binnekant is julle self vol inhaligheid en gemeenheid. Julle dwase! Het Hy wat die buitekant gemaak het, nie ook die binnekant gemaak nie?” (Lukas 11:39-40).

Indien die woorde van my mond vir God aanneemlik moet wees, moet my hart en siel ook reg wees met God. Sagaria die profeet, waarsku ons dat ons nie bose planne teen mekaar moet bedink nie (Sagaria 7:10).

Ons kan almal probeer om Sagaria se raad te volg, maar ten spyte van al ons goeie bedoelings sal ons nie daarin slaag nie. Soos die psalmdigter benodig ons die hulp van God.

Ons het die Heilige Gees nodig om ons harte en denke te verander. Slegs dan, en dan alleen, sal dit wat jy dink en die woorde van jou mond vir Hom aanneemlik wees.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS