Bible Society of South Africa
Neville Turley

Juwele uit die Psalms – Dag 4

Die enigste ware God

Bybelteks(te)

Aan u Naam kom die eer toe

1Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie,

maar aan u Naam kom die eer toe,

want dit is U wat liefde en trou bewys.

PSALMS 115:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Wat húlle het, is afgode, van silwer en goud,

die werk van mensehande.

PSALMS 115:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons teksvers vandag is deel van ʼn lofpsalm wat die krag van die lewende God teenoor die oneffektiwiteit van mensgemaakte afgode stel. Dit is ʼn oproep om die kinders van die Here daaraan te herinner dat slegs Hy die ware God is en dat aan Hom al die eer toekom.

Daar is ʼn waardevolle les hier vir ons almal. Vir Christene is dit gewoonlik nie ʼn probleem om heidengode en afgode van ander gelowe te verwerp nie. Geloof in jou eie selfbelang en die heldeverering van ander is egter ʼn tipiese menslike fout.

Ons moet daarteen waak om al die eer vir onsself of ander mense toe te eien. Dit is ʼn werklike gevaar want ons leefstyl is dikwels baie besig en selfgesentreerd. Ons maak nie altyd tyd om God te loof en prys nie, en dit moet ons eerste prioriteit wees.

Ons afgode is miskien nie “van silwer en goud” soos dié waarna die psalmdigter in Psalm 115:4 verwys nie. In ons geval kan die misbruik van byvoorbeeld elektroniese beelde ons op die verkeerde pad lei.

Ons Vader is die Almagtige, die Koning van hemel en aarde. Hy is ons Rots op wie ons te alle tye moet vertrou – die enigste ware God.

God skenk aan ons seëninge om in die lewe te geniet, maar ons moet nooit toelaat dat enige van hierdie seëninge ons lewe geheel en al oorneem nie, want daar is net een ware God.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS