Bible Society of South Africa
Neville Turley

Juwele uit die Psalms – Dag 3

Skep moed

Bybelteks(te)

Die aarde moet bewe as die Here verskyn

1Toe Israel uit Egipte getrek het,

toe die nageslag van Jakob getrek het,

weg van die volk met die onverstaanbare taal af,

PSALMS 114:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

7Ek moet nou tot rus kom,

die Here het goed aan my gedoen:

8U het my van die dood gered,

U het 'n einde gemaak aan my trane,

U het gesorg dat ek nie weer struikel nie.

9Ek kon voor die Here bly wandel

in die land van die lewendes.

PSALMS 116:7-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Petrus sal Jesus verloën

26Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan Olyfberg toe.

MARKUS 14:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons teksvers vir vandag is deel van ʼn dankgebed aangesien God die psalmdigter, wat die dood in die gesig gestaar het, laat leef het. Daar word soms na Psalm 113–118 verwys as die Egiptiese lofpsalms waarin die uittog uit Egipte herdenk word. In Psalm 114:1a lees ons: “Toe Israel uit Egipte getrek het …”

Hierdie lofpsalms is gedurende die groot jaarlikse feesdae gesing. Tydens die paasfees is Psalm 113–114 voor die paasmaal gesing en Psalm 115–118 daarna.

Jesus en sy dissipels het waarskynlik hierdie lofpsalms gesing tydens die paasmaaltyd wat as die nagmaal (of laaste avondmaal) bekendstaan. Hierna het sy lyding en dood gevolg: “Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan Olyfberg toe” (Markus 14:26).

Anders as die geval met die psalmdigter het Jesus nie toe vir God gevra om Hom die wreedheid van die dood te spaar nie. Inteendeel, Hy het sy lewe opgeoffer vir jou en vir my.

Daar word dikwels gesê dat ons net een hartklop weg van die dood is. Dit is die prys wat ons betaal om te leef. Tydens ons leeftyd sal die meeste van ons een of ander tyd op verskillende maniere die dood in die gesig staar – ʼn lewensgevaarlike siekte, ʼn groot operasie, ʼn wrede aanval of ʼn ernstige ongeluk. Maar soos die skrywer van hierdie psalm het ons ʼn God tot wie ons met vertroue kan bid.

God het ons lief en Hy het ons met ʼn doel op aarde geplaas. En totdat dit sy tyd is om ons huis toe te neem, sal Hy ons teen die dood beskerm. Hy sal ons veilig hou en ons in staat stel om Hom te dien, volgens sy wil en tot sy eer. Danksy Hom kan ons die lewe met vertroue aanpak.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS