Bible Society of South Africa
Neville Turley

Juwele uit die Psalms – Dag 2

Die weg van wysheid

Bybelteks(te)

10Wysheid begin met die dien van die Here;

almal wat dit doen, het ware insig.

Die roem van die Here hou altyd stand.

PSALMS 111:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

28En Hy het vir die mens gesê:

Om die Here te dien, dit is wysheid,

om die kwaad te vermy, dit is insig.”

In die flapteks van die boek getiteld Wisdom deur David Zuckerman staan geskryf dat ervaring en wysheid die grootste geskenke is wat ons aan die volgende generasie kan gee.

Daarom het Zuckerman die menings, geskrifte en idees van 54 van die wêreld se prominentste godsdienstige leiers, politici, akteurs, kunstenaars, ontwerpers, musici, skrywers en sakeleiers vir die volgende generasie opgeteken. Hierdie mense het in hulle onderskeie vakgebiede ʼn wêreldwye impak op ander gemaak en hulle kollektiewe wysheid is ʼn waardevolle erfenis.

In die Bybel is daar ook vir die nageslag (dit sluit ons in) die definisie van wysheid opgeteken. Lees weer ons teksvers vir vandag. Wysheid is ʼn herhalende tema in die Ou Testament: “Om die Here te dien, dit is wysheid, om die kwaad te vermy, dit is insig” (Job 28:28).

Eerbied en ontsag vir die Here behoort altyd ons gedrag te rig. Die Here skenk aan diegene wat sy woord gehoorsaam, die nodige wysheid om reg oor sake te besluit.

Ons moet Hom altyd loof en prys en nooit vergeet dat dit die almagtige God is wat ons deur sy Seun, Jesus Christus, gered het nie. Daarom het ons ʼn ewige verbond met Hom.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS