Bible Society of South Africa
Neville Turley

Juwele uit die Psalms – Dag 17

Eensgesind ten spyte van ons verskille

Bybelteks(te)

As broers eensgesind saam woon

1'n Pelgrimslied. Van Dawid.

Hoe goed, hoe mooi is dit

as broers eensgesind saam woon!

PSALMS 133:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. 6Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het.

1 KORINTIËRS 3:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

20want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”

MATTEUS 18:20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Dit gaan ʼn mens se verstand te bowe om te dink dat elke mens wat nog ooit op aarde geleef het, sy eie mens in eie reg is of was, met ʼn unieke persoonlikheid en karaktereienskappe. Ons vingerafdrukke is ʼn bewys dat ons almal verskil.

Soms lei hierdie verskille tot spanning en konflik, selfs onder die kinders van die Here. En tog kan daar ook krag in verskeidenheid wees: “… en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. Ek (Paulus) het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het” (1 Korintiërs 3:5b-6).

Slegs die duiwel se belange word vervul wanneer gelowiges stry en mekaar verkleineer.

Die persone wat die Here die beste dien, is diegene wat die gawes wat hulle ontvang het, gebruik en ontwikkel. Eerder as om met mekaar te stry moet ons as Christene mekaar aanmoedig om ons talente wat ons van die Here ontvang het, uit te bou en te ontwikkel.

Iets om oor na te dink: Wanneer ons as Christene bymekaarkom, moet ons nooit vergeet dat God ook teenwoordig is nie: “…. want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle” (Matteus 18:20).

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS