Bible Society of South Africa
Carina Francke

Jou 24/7 Metgesel – Dag 9

In Him, Out of You … Fruit

Bybelteks(te)

10As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.

11“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.

JOHANNES 15:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

10'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

JOHANNES 10:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

7As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.

JOHANNES 15:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

24Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”

JOHANNES 16:24AFR83Maak oop in die Bybelleser

Goeie dinge en gebeure maak ons bly en verskaf groot vreugde en plesier. Sommige van hierdie dinge laat ʼn mens skaamteloos op en af spring en kan ʼn mens nie anders as om luidkeels daaroor te juig nie. Maar hierdie blydskap oor “goed” word al hoe minder soos ons gewoond daaraan raak.

Die vreugde wat van die Heilige Gees binne-in ons kom gaan egter nie gepaard met eksterne faktore nie maar vloei vanuit ons “gehegtheid” aan die wynstok, Jesus Christus: “As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees” (Johannes 15:11).

Ons “gehegtheid” aan die wingerdstok het sy oorsprong in Jesus se liefde vir ons en ons gevolglike aangryping daarvan. Net soos die Vader die Seun liefhet, het Jesus die gelowiges lief. Dit spreek van ʼn sterk verhouding tussen die Vader, Seun en sy dissipels. En ons verantwoordelikheid? Bly in hierdie liefde en in sy woord. Met ander woorde, ons liefde en gehoorsaamheid aan (die “bly in”) sy woord moet die ruimte word waarbinne ons as gelowiges leef. Dit is die bron van ware en blywende vreugde wat in jou sal bly.

Wat beteken hierdie hegte verhouding vir ons? Ons kan in Jesus se naam vra net wat ons wil en ons sal dit ontvang (Johannes 15:7). Dit spreek egter dat ons liefde vir Hom en ons gehoorsaamheid aan sy woord ons daarvan sal weerhou om dinge te vra wat teenstrydig is met sy woord. En die vrug? Dit is blydskap! “Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees(Johannes 16:24).

Dalk het onmoontlike situasies en onoorwinlike probleme in jou lewe jou vreugde gesteel. As jy dit egter kan regkry om uit daardie put van moedeloosheid en klein geloof in gebed na God te gaan en jou saak voor Hom te stel, beloof Hy dat Hy jou sal gee wat jy vra. Hy wil immers hê dat ons die lewe moet hê en dit in oorvloed (Johannes 10:10) en dit gaan veral oor die oorvloed vreugde wat jy beleef omdat jy in ʼn hegte verhouding met Hom is.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS