Bible Society of South Africa
Carina Francke

Jou 24/7 Metgesel – Dag 7

In Him, Out of You … Fruit

Bybelteks(te)

5Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is:

hulle hou nie op om U te prys nie. Sela

6Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind

en graag na u tempel toe gaan.

7Vir hulle gaan daar fonteine oop

wanneer hulle deur 'n dorre laagte trek

en die vroeë reëns sy seëninge bring.

PSALMS 84:5-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

5“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

JOHANNES 15:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Hy self het egter 'n dagreis ver die woestyn in gegaan. Daar het hy onder 'n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.”

1 KONINGS 19:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

15Maar die Here sê vir hom: “Draai in jou spore om na die Damaskuswoestyn toe, en as jy daar aangekom het, moet jy vir Gasael salf tot koning van Aram. 16Jy moet ook vir Jehu seun van Nimsi salf tot koning van Israel, en vir Elisa seun van Safat uit Abel-Megola moet jy salf tot profeet om jou op te volg. 17Dan sal dit só wees: wie Gasael se swaard vryspring, Jehu sal hom doodmaak; wie Jehu se swaard vryspring, Elisa sal hom doodmaak.

1 KONINGS 19:15-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die orgideëblom moet aan die hoofplant verbind wees omdat die lewensap en (bietjie) water waarop dit oorleef, dit aan die blom hou. Die blom is wat aan mense vreugde verskaf.

So is dit met gelowiges ook – ons moet in Christus bly om vrug te dra: “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie (Johannes 15:5).

Van watter tipe vrug word hier gepraat? Dié soort wat vloei vanuit ʼn verhouding met die Here. Lees wat sê Psalm 84:6-8: “Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan. Vir hulle gaan daar fonteine oop wanneer hulle deur ʼn dorre laagte trek en die vroeë reëns sy seëninge bring. Keer op keer ontvang hulle nuwe krag totdat hulle voor God in Sion verskyn.”

Almal van ons beleef een of ander tyd “dorre laagtes” in ons lewens – daardie tye wanneer dit voel asof niemand vir jou omgee nie, niks wat jy aanpak suksesvol is nie, dat daar geen uitkoms is nie en dat selfs God jou verlaat het. Elia het hierdie wanhoop ervaar tot op die punt waar Hy gewens het om te sterf en selfs daarvoor gebid het! (1 Konings 19:4). Gelukkig weet God altyd beter en sien verder as die nóú en stuur ʼn engel en kos om Elia te versterk. Wat gebeur toe? Elia kry nuwe krag, ontmoet vir God waar Hy op hom wag en kry ʼn opdrag om nuwe leiers te salf (1 Konings 19:15-17).

In jou “dorre laagte” moet jy die logiese besluit neem om jou te versterk in die Here. Put krag uit wat jy weet oor die Here: Hy is in jou, by jou en wil jou leer en versterk. Hy wil sy krag deur jou laat vloei sodat jy kan opstaan en die “fonteine” en “vroeë reëns” wat vir jou wag kan geniet. En dan volg die vrug: Wanneer jy mense ontmoet wat ook deur dorre laagtes gaan, word jy instrumenteel om hulle land ook vol water te maak, die seën van die Here met hulle te deel, en self van krag tot krag te gaan.

Die voorwaarde? Bly ʼn loot wat ingeënt is op die wynstok, want sonder Hom kan ons niks doen nie.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS