Bible Society of South Africa
Carina Francke

Jou 24/7 Metgesel – Dag 18

Your Gift: His Name

Bybelteks(te)

2Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood,

mag die Naam van die God van Jakob u beskerm.

8Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde,

maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God.

10Die Naam van die Here is 'n sterk vesting;

die regverdige vind daar skuiling.

SPREUKE 18:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

MATTEUS 16:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Deur die geloof in sy Naam het Hy die bene van hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak. Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal.

HANDELINGE 3:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

In antieke tye is groot betekenis aan ʼn persoon se naam geheg omdat dit iets van jou of jou nageslag aan ander kommunikeer.

Jesus se naam sê presies wie Hy is: “… die Christus, die Seun van die lewende God (Matteus 16:16). Dit is die Naam wat Hy aan ons as geskenk gegee het vir ons beskerming, as instrument vir oorwinning, en om sy werke op aarde te doen.

In Psalm 20:2,8 lees ons: “… mag die Naam van die God van Jakob u beskerm (…) Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns, ons vertrou op die Naam van die Here ons God. Dawid staar oorlog in die gesig, maar besef dat wapens alleen nie die oorwinning kan verseker nie – net God kan! Daar is ook geen ander beskerming as die Naam van die Here nie, want: “Die Naam van die HERE is ʼn sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut (Spreuke 18:10).

ʼn Beeld wat by my opkom om die idee van die Here se naam “in te hardloop” te demonstreer, is dié van ʼn reuse elastiese bal. Wanneer die bal ʼn Christengelowige herken, verander die ondeurdringbare membraan na ʼn membraan waardeur Christene kan loop om skuiling vind. Die Naam van die Here is egter die toegangskode en jou geloof in Hom is die “oopmaker” van die membraan om sy beskerming te geniet.

Dieselfde beginsel geld wanneer Jesus se Naam gebruik word om sy werk op aarde te doen. Petrus gaan staan stil by ʼn kreupel man en sê vir hom: “… in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop! Die gevolg? Die man is dadelik genees en begin God daarvoor prys (Handelinge 3:6). Petrus gee die volgende verduideliking aan die verbaasde omstanders: “Deur die geloof in sy Naam het Hy die bene van hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak. Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal(Handelinge 3:16).

Ek en jy as gelowiges kan ook aanspraak maak op hierdie goddelike beskerming, genesing en oorwinning, maar dan moet ons glo dat Hy die Christus is, die Seun van die lewende God.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS