Bible Society of South Africa
Carina Francke

Jou 24/7 Metgesel – Dag 17

God se geskenk aan jou: rustige slaap

Bybelteks(te)

3Daar is talle wat van my sê:

“Van God kom daar vir hom geen hulp nie!” Sela

4Maar U, Here, beskerm my aan alle kante,

U herstel my eer en aansien.

5As ek na die Here roep,

antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela

6As ek gaan lê, slaap ek goed;

ek word ook weer wakker,

want die Here sorg vir my.

7Ek is nie bang vir tienduisende mense

wat van alle kante af op my toesak nie.

PSALMS 3:3-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Kom tog, Here,

help my, my God!

U het nog altyd my vyande se mag verbreek,

U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.

8U het my reeds groter vreugde laat belewe

as wat daar is by mense

wat koring en wyn in oorvloed het.

9Nou sal ek onbesorg gaan lê

en dadelik aan die slaap raak,

want, Here, U alleen laat my veilig woon.

PSALMS 4:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

In vandag se tyd is slaaploosheid ʼn groot probleem. Daar is verskeie oorsake soos spanning, vrees, bekommernis, oormoegheid, ʼn besige program ens.

In Psalm 3 ervaar die skrywer aan die een kant vrees en spanning omdat sy lewe bedreig word deur sy seun, Absalom, en daarom bekla hy sy nood by God. Maar, aan die ander kant, verklaar hy ook sy onwrikbare vertroue in Hom: “Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien” (Psalm 3:4). Met hierdie verklaring aan God (en homself) besef hy die krag daarvan: God weet van hom en hy mag maar hardop tot Hom roep vir hulp (Psalm 3:5). Iets dring tot hom deur – God is ook “my God (Psalm 3:8). Geen wonder dat hy ʼn verklaring kan maak wat al sy vrese oorkom nie: “As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my (Psalm 3:6).

In Christus mag jy ook vir God “my God sê. Omdat Hy vir jou sorg, is Hy al een wat jou kan red en uitkoms gee sodat jy die volgende dag met hoop kan opstaan. Die psalmdigter se situasie het nie noodwendig onmiddellik verander na die gebed nie, maar hy het ʼn goddelike en geloofsperspektief gekry dat God hom beskerm en dat Hy sy God is.

In Psalm 4 is die bron van sy bekommernis sy medemens se beskuldigings. Hy wonder hoe lank hulle nog sal aanhou daarmee, maar verklaar in dieselfde asem dat hulle aanklagte verdwerg word deur God se vermoë om hulp te verleen, om te antwoord as hy om hulp roep, en dat die vreugde wat Hy gee, baie groter is as materiële voorspoed. Gevul met oorwinning, sluit hy af met die woorde: “Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon” (Psalm 4:9).

Die emosies wat ons in moeilike omstandighede ervaar is normaal, maar wanneer dit die gelowige se slaap steel en hom van God se vreugde ontneem, is daar ʼn rooi vlag. Dan het dit tyd geword om te doen wat die psalmdigter gedoen het: Om God se almag te bely en sodoende hoop terug in jou lewe te verwelkom.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS