Bible Society of South Africa
Carina Francke

Jou 24/7 Metgesel – Dag 16

God skyn sy lig in jou

Bybelteks(te)

Toespraak van Salomo

12Toe het Salomo gesê:

“Die Here het gesê Hy wil in duisternis woon.

1 KONINGS 8:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

11Hy het op 'n gerub geklim en gevlieg;

op die vleuels van die wind het Hy nadergesweef.

12Hy het Hom in donkerte gehul,

donker waters en wolkemassas was sy bedekking.

PSALMS 18:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

God is lig

5Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

1 JOHANNES 1:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die apostel Johannes het verklaar: “God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie” (1 Johannes 1:5). Hoe dan nou? Ja, hy het dit verklaar, maar die duisternis waarin Hy woon is lankal nie meer donkerte nie, want waar Hy teenwoordig is, skyn die lig verblindend helder. Dit verdryf die duisternis en skyn déúr die diktes van die donkerste wolke en water. Waar Hy Hom ook al bevind, daar word die nagdonkerte helder lig!

Kan jy verstaan waarom jy ʼn lig word wat in die donker wêreld skyn as God in jou kom woon? Onthou jy wat ons gesê het oor ons 24/7 inwonende Metgesel? Jesus sê: “As iemand My liefhetsal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon (Johannes 14:23). Die ware Lig het vir Hom ʼn permanente woonplek in jou kom maak!

In Lukas 11:34 staan “die lamp van jou liggaam is die oog en Jesus waarsku dat ons moet sorg dat dit nie sleg word nie, want dan gaan ons hele liggaam donker wees. Dit is ons verantwoordelikheid om te sorg dat ons oog nie donker of sleg word nie. Hierdie “oog” verwys na ons geestelike morele oog waarmee ons na dinge in en om ons kyk en wat bepaal tot watter ʼn mate ons lewens verlig word. As ons geestelike morele oog blind word vir die (verkeerde) dinge wat die woord en Heilige Gees in ons lewe, besluite of lewenspad wil uitwys, is ons skuldig daaraan om die skynende lig weg te steek.

Die hartseer gevolg? Behalwe dat ons self (ons hele liggaam ) in donkerte gehul word, kan mense ook nie meer die lig sien nie … en ook nie die Lig wat deur ons wil skyn nie.

Wat het dan geword van God wat in duisternis wil woon? Kan Hy nie maar deur daardie donkerte van my oog skyn en dit lig maak nie? Nee! God het jou geskape met jou eie wil en Hy respekteer daardie deel van jou menswees. Dis jóú keuse om die lig voortdurend deur jou te laat skyn.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS