Bible Society of South Africa
Carina Francke

Jou 24/7 Metgesel – Dag 13

God keer hopelose situasies om

Bybelteks(te)

67Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal,

maar nou hou ek my aan u woord.

PSALMS 119:67AFR83Maak oop in die Bybelleser

71Dit is vir my goed dat ek swaargekry het,

want daardeur het ek u voorskrifte geleer.

PSALMS 119:71AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring;

wat ek beloof het, sal ek doen.

Hulp kom net van die Here af.”

Swaarkry is onaangenaam en onvermydelik in gelowiges se lewens. Tog dra dit altyd vrugte. Swaarkry of beproewing kan egter nie net toegeskryf word aan die lewe self of die rol wat ongelowiges speel nie, maar ook aan die rol wat ons self (meer) dikwels speel.

Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord (…) Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer” (Psalm 119:67,71).

Soos ongehoorsame kinders kies ons dikwels om ons eie pad te loop en dra dan die gevolge van ons eiesinnigheid en hardkoppigheid. Die nadraai hiervan is dat ander mense ook daaronder ly. ʼn Goeie voorbeeld is Jona wat nie God se voorskrif wil nakom om in Nineve te gaan preek nie. Hy volg eerder sy eie kop want hy (dink) hy weet beter. So veroorsaak hy die verlies van ʼn skeepsvrag, byna die dood van ʼn bemanningslid, en daarna word hy deur ʼn vis ingesluk. Hy bring drie dae en nagte in ʼn watermassa met seegras om sy kop in ʼn vis se maag deur. Daar kom hy tot die oortuiging: “Hulp kom net van die Here af” (Jona 2:9). Jona het besef dat God reg en hy verkeerd is.

Ons probeer dikwels om God se “nee” in ons lewens te vermy. Ons regverdig ons keuses en besluite met frases soos: “Ek weet wat ek doen”, “Ek werk hard en gun myself hierdie plesiertjie”, of “Ek is my eie baas! En soms is ons voorbarig genoeg om die woord te manipuleer om óns verkeerde en dikwels sondige besluite te regverdig.

Wat is die gevolg hiervan? Ons, en ook ander wat daarby betrek word, kry swaar. Dan vra ons dikwels: “Waar is God?” Hy is steeds waar Hy altyd by jou as gelowige is: Hy is in jou! Maar omdat jy ʼn eie wil het, moes Hy eenkant staan en jou toelaat om op die harde manier te leer dat sy voorskrifte en manier van dinge doen altyd die beste is.

Alles is egter nie verlore nie, want Hy keer die hopeloosste situasie om in ʼn oorwinning. Die Psalmdigter het erken: “Voordat ek swaargekry het, het ek gedwaal, maar nou hou ek my aan u woord.” Die vraag is egter, kan jy dieselfde doen?

Wat is die vrug van hierdie gesindheid? Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer” (Psalm 119:71).

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS