Bible Society of South Africa

Jesus – Dag 1

Jesus die Woord.

Bybelteks(te)

Die Woord het mens geword

1In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.

JOHANNES 1:1-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Baie mense glo in die krag van woorde en dat woorde mense kan help of seermaak. Maar hoeveel mense glo in die krag van die Woord, en meer spesifiek. in die Lewende Woord, Jesus Christus?

Watter ontsagwekkende woorde word in hierdie gedeelte gebruik om die wonder van wie Jesus werklik is, te beskryf!

Hoe weet ons dat hierdie woorde na Jesus verwys? In vers 14 lees ons: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon …” en in vers 17: “God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.” Hierdie woorde beskryf die groot kloof tussen die wet van Moses wat ons herinner aan dissipline en straf as dit nie nagekom word nie, teenoor die lewe, lig, sagmoedigheid en vryheid wat Jesus bring. Ons is almal bewus van hoe afhanlik ons is van lig om op verskeie vlakke te oorleef. So, hoeveel te meer benodig ons die lig van die Lewe?

Hoekom ontsagwekkend? Want reg aan die begin sien ons reeds dat Jesus die Woord is wat van alle ewigheid bestaan en dat Hy God is. Hy is die lewenskrag en deur Hom het God alles tot stand laat kom. Hy verpersoonlik lewe; die Lewe waardeur ons die weg na die ewige lewe al vind. Hy is die lewende Woord van God.

Dit is byna te veel vir ons om te verstaan, maar as jy in afhanklikheid en deur gebed hierdie verse bedink, sal jy iets van die ontsaglikheid van hulle betekenis begin verstaan. God self het in die persoon van Jesus Christus na die aarde gekom. God self het genoeg omgegee om Homself aan die mensdom te openbaar en die lig te verskaf wat aan die mens geestelike kennis en begrip sal bring. Hoe verstommend is dit nie!

In hierdie maand gaan ons saam kyk na wie Jesus is en na die belangrikheid van sy lewe, dood en opstanding vir ons lewens.

 

Hoe ervaar jy Jesus as die Woord?

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS