Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Hy kan … – Dag 1

Hy kan ...

Bybelteks(te)

Wat geloof is

1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

HEBREËRS 11:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Is iets te buitengewoon vir die Here? Op die vasgestelde tyd sal Ek terugkom. Volgende jaar hierdie tyd sal Sara 'n seun hê.”

GENESIS 18:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Daniël is in die leeukuil gegooi. Sadrag, Mesag en Abednego in die vuuroond. Ester moes ongenooid by die koning opdaag. Elia moes as enigste gelowige op die Berg van Karmel gaan staan en bid vir vuur uit die hemel. En Dawid het die reus Goliat aangedurf.

Dit is wonderlik om die uiteinde van hierdie verhale te lees. Daniël is nie deur die leeus verskeur nie omdat God hulle bekke gesluit het. Sadrag, Mesag en Abednego is sonder ʼn geskroeide haar uit die vuuroond gelaat. Ester het daarin geslaag om die Joodse volk te red. Elia het beleef hoe God vuur uit die hemel stuur. En Dawid het die reus verslaan. Tog vergeet mens maklik dat elk van hierdie mense hulle lewens gewaag het. Hulle het waagmoed gehad, maar hulle moes verseker ook met tye geworstel het met daardie “wat as” vreesgedagtes. “Wat as” dinge nie uitwerk soos wat hulle gehoop het nie. Hulle geloof en vertroue in God het hulle egter telkens gehelp om die “wat as” gedagtes te verdryf.

In Hebreërs 11:1 lees ons: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” En in Genesis 18:14 lees ons: “Is iets te buitengewoon vir die Here?”En ons weet die antwoord is “nee”.

Staan jy dalk ook met jou rug teen die muur omdat jy God vir iets bonatuurlik vertrou? Die redding van jou kind, ʼn finansiële deurbraak, ʼn nuwe werksgeleentheid, ʼn huis van jou eie, die herstel van jou huwelik of dalk jou eie of ʼn geliefde se genesing? Die vyand gaan alles in sy mag doen om die “wat as” vreesgedagtes by jou te laat posvat.

Ek egter hê dat ons op God sal fokus — nie net sy vermoë om enigiets te doen nie, maar juis net op wie Hy is. Wanneer ons dit doen, gaan ons saam beleef hoe ons geloof en vertroue in Hom versterk word en hoe die “wat as” gedagtes al minder word. En wie weet, dalk verras Hy ons ook net soos Hy vir Daniël, Sadrag, Mesag en Abednego, Ester, Elia en Dawid verras het. Hoekom? Want HY KAN.

Opdrag vir die dag: Skryf drie eienskappe van God neer wat vir jou uitstaan. Dink daaroor na en sê vir Hom dankie daarvoor.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS