Bible Society of South Africa
Xanthe Galanis

Hy is altyd by jou – Dag 9

Hiskia se tweede gebed

Bybelteks(te)

JESAJA 38

Die siekte en herstel van Hiskia

1In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja seun van Amos het na hom toe gekom en gesê: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.”

2Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here: 3“Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë.”

Hiskia het bitterlik gehuil.

JESAJA 38:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Dit gaan nie so goed met die koning van Juda nie. Eers is sy stad bedreig en toe hoor hy dat hy gaan sterf. Gister het ons gelees hoe Hiskia die militêre krisis hanteer het. Vandag sien ons dat hy op dieselfde manier reageer toe hy ʼn persoonlike krisis beleef. Onmiddellik nadat hy die nuus van sy naderende dood gekry het, het Hiskia ʼn behoefte aan gebed; hy draai sy gesig na die muur en hy begin huil en bid. Daar is ʼn les vir ons om te leer oor die manier wat Hiskia sy wense na die Here bring. Dit was nie juis ʼn besondere kalm of waardige gebed nie. Hy redeneer met die Here terwyl die trane vloei en hy pleit vir sy lewe.

Gebed is kommunikasie. In ʼn gebed kan daar gekla en geredeneer word, ons kan hartseer wees en ons kan sê dat ons jammer is. Die Here sal luister na alles wat ons sê, ten spyte van hoe snaaks dit mag klink. Regdeur die Bybel lees ons van mense wat met God redeneer en in pyn tot Hom roep. Wanneer ons klaar uiting gee aan ons woede, ophou huil en kla, en ons gebroke harte voor die Here uitstort, sal Hy begin om ons te vertroos. Wanneer ons stil word en niks meer het om te sê nie, kan ons op die Here se antwoord wag. Miskien antwoord Hy nie op die manier wat jy wil hê of verwag nie, maar Hy sal antwoord. Ons kan op daardie belofte vertrou.

Vir Hiskia was gebed deel van sy lewe; ‘n manier om alles voor die Here te bring. Is gebed deel van jou daaglikse lewe?

Die Here het Hiskia se gebed verhoor, hy het sy trane gesien en dit het Hom diep geraak. Hy besluit om Hiskia se lewe met nog vyftien jaar te verleng. Jesaja het toe opdrag gegee dat hulle ʼn vyekoek moet bring en op die sweer moet sit, en die koning het beter geword (Jesaja 38).

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS