Bible Society of South Africa
Xanthe Galanis

Hy is altyd by jou – Dag 7

Die waarheid is ...

Bybelteks(te)

JESAJA 36

18Moenie dat Hiskia julle mislei nie! Hy sê: ‘Die Here sal ons red.’ Kon die gode van die ander nasies hulle lande red uit die mag van die koning van Assirië?

19“Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarwajim? Kon hulle Samaria bevry uit my mag? 20Wie van al die gode van die ander lande kon sy land red uit my mag? Dan sal die Here mos nie Jerusalem kan red uit my mag nie!”

JESAJA 36:18-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Koning Agas sterf en Hiskia, ʼn koning van Juda wat die Here liefhet, is nou op die troon. Daar is egter ʼn probleem: Julle sal onthou dat Agas ʼn ooreenkoms met die Assiriërs aangegaan het. Die Assiriërs het egter besluit hulle wil nie net Agas se omkoopgeld hê nie, hulle wil sy hele land hê! Hiskia het nou te doen met die magtige Assiriese leër. Die hoofadjudant van die koning van Assirië het ʼn vergadering belê om oor die oorname van Jerusalem te onderhandel. Die hoofadjudant staan op en begin die inwoners van Jerusalem in Hebreeus toespreek, net om seker te maak dat hulle verstaan. In wese sê hy vir hulle dat nie Hiskia of God hulle kan red nie en dat hulle eerder moet oorgee. Hy belowe selfs om hulle goed te behandel as hulle dit doen.

Dit is nie leë dreigement nie. Die Assiriërs het tot op daardie stadium al die stede wat hulle aangeval het verower. Hiskia het elke geveg verloor. Daar is geen twyfel dat die Assiriërs oor die nodige militêre mag beskik om Jerusalem, soos baie ander stede, te verwoes nie. Dit is die feite.

Maar daar is een belangrike feit wat hierdie hoofadjudant ignoreer – hy praat met die volk van God en God is in beheer oor wat met hulle gebeur.

Wanneer ons besluite neem moet ons ook onthou dat ons ons lewens aan God oorgegee het. Al is sommige feite nie vir ons duidelik nie, is alles vir Hom duidelik. As ons werklik verstandig wil wees, moet ons versigtig na die stem van die Here luister, en nie net na wat mense rondom ons sê nie.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS