Bible Society of South Africa
Xanthe Galanis

Hy is altyd by jou – Dag 5

ʼn Wonderlike belofte

Bybelteks(te)

JESAJA 9

5Vir ons is 'n Seun gebore,

aan ons is 'n Seun gegee;

Hy sal heers, en Hy sal genoem word:

Wonderbare Raadsman,

Magtige God,

Ewige Vader,

Vredevors.

1 KORINTIËRS 1

30Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing.

1 KORINTIËRS 1:30AFR83Maak oop in die Bybelleser

FILIPPENSE 4

7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

FILIPPENSE 4:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

FILIPPENSE 4

13Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

FILIPPENSE 4:13AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 14

21“Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.”

JOHANNES 14:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hierdie Skrifgedeelte, ʼn profesie wat die koms van die Messias aankondig, word dikwels tydens Kerstyd gelees. Jesaja se beskrywing van Jesus Christus in hierdie gedeelte is waarskynlikheid die merkwaardigste in die hele Ou Testament. Hy vertel vir sy mense wat in ballingskap is, en ook vir ons, dat die Messias as ʼn mensekind gebore sal word, en tog sal hierdie kind die heilige Seun van God wees. Hy sal genoem word:

“Wonderbare Raadsman” – Hy is volkome wysheid (1 Korintiërs 1:30);

“Magtige God” – Hy gee krag (Filippense 4:13);

“Ewige Vader” – Hy is liefde (Johannes 14:21);

“Vredevors” – Hy is vrede wat alle verstand te bowe gaan (Filippense 4:7).

Hierdie eeue oue profesie herinner ons daaraan dat dinge nie net lukraak gebeur nie en dat Christus nie net toevalling na hierdie wêreld toe gekom het nie. God het daardie spesiale oomblik in die geskiedenis van die mensdom gekies as die middelpunt van tyd self. Alles wat voor Christus se geboorte gebeur het, lei tot daardie heilige oomblik; en alles wat daarna gebeur, word tot in ewigheid daardeur geraak. Ons wêreld sou nie dieselfde gewees het as Christus nooit gebore is nie.

Die tyd en plek van sy koms was nie net per toeval nie. Daardie oomblik is so deur God gekies sodat ons lewens verander en herstel kan word en ons met die kennis wat ons vandag van Jesus het, ingelig kan leef. Met ander woorde, alles het ʼn doel, ʼn plan, ʼn spesiale tyd en ʼn heilige betekenis.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS