Bible Society of South Africa
Xanthe Galanis

Hy is altyd by jou – Dag 2

ʼn Uitnodiging van ʼn God wat redelik is

Bybelteks(te)

JESAJA 1

19As julle gehoorsaam wil wees,

sal julle die goeie van die land eet,

Hoe meer ek die Bybel lees en God se woord bestudeer, hoe meer vind ek dat die Here ons aanmekaar roep en uitnooi om na Hom toe te gaan ten spyte van ons skynheiligheid en ongehoorsaamheid! En een van die baie wonderlike eienskappe van God is dat Hy redelik is.

As die eerste deel van hierdie hoofstuk van Jesaja klink soos ʼn aanklaer wat sy saak stel, klink hierdie deel meer na ʼn prokureur wat ʼn skikking buite die hof beding. Hierdie is nie ʼn dagvaarding om in die hof te verskyn nie en dit is nie ʼn veroordeling nie. Dit is ʼn versoek aan Israel om te luister. God roep Israel bymekaar, nie om uit te vind wie die skuldige is nie, maar om hulle te vergewe. Hy vra nie vergoeding nie en Hy deel nie straf uit vir hulle verlede nie. Hy vra hulle slegs dat hulle Hom moet gehoorsaam.

Die Here wil graag met sy volk redeneer. Meer nog, God begeer om sy kinders se verhouding met Hom te herstel en vir hulle die beste te gee. Hy beveel Israel nie net om Hom te gehoorsaam nie, maar Hy laat die besluit aan hulle oor. En vandag laat God hierdie selfde besluit aan jou oor.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS