Bible Society of South Africa
Xanthe Galanis

Hy is altyd by jou – Dag 17

Sonde bring skeiding, maar die Here red

Bybelteks(te)

JESAJA 59

9Daarom is daar geen sprake

van reg en geregtigheid vir ons nie.

Ons wag op lig, maar dit bly donker,

ons wag op 'n straaltjie lig, maar ons pad bly pikdonker.

10Ons tas teen die mure soos blindes,

ons tas rond soos mense wat geen oë het nie.

Ons struikel helder oordag soos in die skemer,

ons is soos dooies onder gesonde mense.

JESAJA 59:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

JESAJA 59

2Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het

tussen julle en julle God,

dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie

en nie na julle wil luister nie.

3Julle hande is met bloed bevlek,

julle vingers met onreg.

Julle praat net leuens,

julle bedink net onreg.

JESAJA 59:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vir ʼn hele geslag was die Israeliete reeds in ballingskap in Babel. Die ouer geslag het steeds hulle tuisland onthou en daarna verlang, maar vir die jonger geslag was die lewe in Babel die enigste wêreld wat hulle geken het. Die Israeliete het die beloftes van die profete onthou. Eendag sou hulle weer huis toe gaan en Jerusalem herbou, maar dit het nie gelyk of dit binnekort sou gebeur nie. Babel was die magtigste ryk in die wêreld en daar was nog geen tekens van verval nie.

Hulle het gevoel dat hulle gebede om bevryding op dowe ore val, dat God hulle verlaat het en dat hulle pad verlore was.

In Jesaja 59:2-3 word die redes daarvoor gegee: “Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie. Julle hande is met bloed bevlek, julle vingers met onreg. Julle praat net leuens, julle bedink net onreg”. Die Israeliete se sonde en hulle onvermoë om te erken dat dit sonde is het skeiding tussen hulle en God gebring (onthou jy toe ons gister gepraat het oor die ware betekenis van vasdae?).

Ons leef in ʼn wêreld waar mense glo dat die mens inherent goed is, en dat al die misdade waarvan ons lees deur individue gepleeg word wat die uitsondering op die reël is. Die Bybel leer ons anders. Ons is almal skuldig, ons is almal sondaars, ons beweeg rond met toe oë. God haat sonde, maar dit beteken nie dat ons sonder sonde moet wees voordat Hy ons gebede sal verhoor nie. Dit beteken egter nie dat ons in sonde moet volhard nie, maar dat ons dit moet haat soos God dit haat.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS