Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 8

Elke ding het sy vaste tyd (ii)

Bybelteks(te)

PREDIKER 3

Elke ding het sy vaste tyd

1Elke ding het sy vaste tyd,

elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:

PREDIKER 3:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

PREDIKER 3

4'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag,

'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,

PREDIKER 3:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

FILIPPENSE 4

4Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!

FILIPPENSE 4:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

FILIPPENSE 4

6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

FILIPPENSE 4:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOB 2

10Toe sê hy vir haar: “Jy praat nou soos 'n vroumens sonder verstand. As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?”

Onder alles het Job met geen woord gesondig nie.

“Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd (…) ʼn tyd om te huil, ʼn tyd om te lag, ʼn tyd om te treur, ʼn tyd om van blydskap te dans.” (Prediker 3:1,4)

Almal van ons sou graag net die sonskynkant van die lewe wou ervaar. Ons kyk partykeer na ander mense en dink: die lewe is een groot fees vir daardie persoon! Maar as ons toegelaat word om daardie mens se lewe van nader te beskou, sien ons dat ons nie die volle prentjie het nie.

Andries Cilliers skryf: “Dit is hoe die wêreld lyk: ʼn wisselspel tussen wat wonderlik en wat verskriklik is. Die lewe is geboorte én dood, bymekaarmaak én verloor, liefde én haat, oorlog én vrede. Dit beteken dat mense wat net die lekker in die lewe wil hê, hulleself bluf.”

Nadat Job alles verloor het en daar pynlike swere oor sy hele lyf uitslaan, sê hy vir sy vrou: “Ek het die goeie geskenke uit God se hand aanvaar. Moet ek nie nou ook die slegte aanvaar nie?” (Job 2:10).

Net jy weet in watter tyd jy jou nou bevind. Dalk besef jy vanoggend met bestekopname dat jy jou in ʼn tyd van vreugde bevind; dat jy volop rede het om te lag en bly te wees! Of dalk is die teendeel waar: Dalk voel jy in hierdie tyd dat daar niks is om oor bly te wees nie en dat die moedeloosheid dreig om jou te oorval.

Die God van Prediker en die God van Job beheer steeds die tyd. God is in beheer van ons tye. Dis met hierdie wete dat Paulus vir die Filippense skryf: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking in danksegging aan God bekend.” (Filippense 4:4,6) Of jy ʼn tyd van vreugde of hartseer beleef, jy kan vanoggend weet dat God ook jou tye in sy hand hou.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS