God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 7
Elke ding het sy vaste tyd (i)
Bybelteks(te)
PREDIKER 3
Elke ding het sy vaste tyd
PREDIKER 3
“Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd (…) God het elke ding gemaak dat dit pas in ʼn bepaalde tyd.” (Prediker 3:1,11a)
Daagliks kom die konsep van tyd iewers in ons gesprekke voor. Wat skokkend is, is dat dit meestal in ʼn negatiewe konteks genoem word. Iets in die lyn van “ek is so besig ek het nie tyd gehad nie”, of “alles is so gejaagd”, of “kyk net hoe het die tyd gevlieg!”
Tyd, wat bedoel was as ʼn geskenk van God, raak óns baas. In plaas daarvan dat ons in beheer is van ons tyd, voel dit asof tyd ʼn skaatsplank is wat onder ons voete beland het waaraan ons desperaat vasklou om bo te bly! Ons beplan baie dinge tot in die fynste detail, maar ons gaan onverskillig met ons tyd om.
Te dikwels dink ons so oor ons tyd:
Elke ding kan wag tot later,
elke ding in hierdie wêreld kan uitgestel word
tot ek lus is om dit te doen
tot ek beter voel
tot my kinders ouer is, of uit die huis is
tot ek my eers siek bekommer het daaroor
… tot dit te laat is.
Dalk is daar ʼn brief, e-pos, telefoonoproep of besoek wat jy al vir weke uitstel – dalk is dit vandag die tyd om dit te doen. Dalk is dit vandag die tyd om te bemoedig, vergewe, praat of om stil te bly. Dalk het die tyd vandag aangebreek om terug te gaan en reg te maak.
Ek ontdek noudie dag hierdie Engelse versie tussen kosbare kaartjies (ek wens ek het geweet wie die skrywer is):
When I have time
there is a poem to be written,
a song to be sung.
When I have time
there is a child to be led,
a prayer to be said.
When I have time
I’ll tell you a story,
I’ll visit a friend.
Alas, time is gone –
the poem’s unwritten,
the song unsung,
the child is a man,
grown up unled.
The prayer, ah!
The prayer,
it went unsaid.
The story is ended.