Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 4

Loof die Naam van die Here

Bybelteks(te)

PSALMS 113

2Die Naam van die Here moet geloof word,

nou en vir altyd.

PSALMS 113:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

PSALMS 115

Aan u Naam kom die eer toe

1Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie,

maar aan u Naam kom die eer toe,

want dit is U wat liefde en trou bewys.

PSALMS 115:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd.” (Psalm 113:2)

Daar is een rede vir alles; daar is een doel vir ons bestaan – en dit is die eer van God!

Die wêreld en tyd waarin ons ons bevind het ʼn ander ingesteldheid – alles is op die mens gefokus. Alles het ten doel om die mens te vermaak. Alles word ontwerp en op die rak gesit vir die mens se gerief. Die mens raak as’t ware ʼn god in die kleine – die middelpunt in ʼn wêreld waar alles oor hom handel en op hom ingestel is.

Dit is juis die probleem waarmee die gelowige te doen het: Ons staan in hierdie wêreld wat soos een man die koers weg van God wys en aan die mens verkondig hoe belangrik hy self is.

In daardie opsig is die natuur – net soos die mens en ook skepping van God – vir ons ʼn groot voorbeeld. Luister maar as jy vroegoggend jou vensters oopmaak hoe dit weerklink van die voëls se oggendlofliedere – veral in die somer! Dis amper asof hulle nie anders kan nie!

Die psalmdigter spoor ons vandag weer aan om eer aan God te bring: “Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd.” (Psalm 113:2) In Psalm 115:1 staan geskryf: “Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys.”

Bring vandag die lof en eer aan God in alles wat jy dink, sê en doen. Rig jou gedagtes daarop dat God die eer moet kry, dat Hy die Een is waaroor alles gaan. Dit is die rede vir ons bestaan.

Die bekende skrywer CS Lewis het geskryf dat lof aan God seker die enigste van ons aktiwiteite hier op aarde is wat onveranderd in die hemel voortgesit kan word.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS