Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 3

Nader tot God

Bybelteks(te)

JAKOBUS 4

8Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.

PSALMS 50

15Roep My aan in die dag van benoudheid:

Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

PSALMS 50:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

JESAJA 59

Ons sondes kla ons aan

1Die arm van die Here is nie te kort om te help nie

en sy oor is nie te doof om te hoor nie.

“Nader tot God en Hy sal tot julle nader.” (Jakobus 4:8a)

Die Bybel is vol van God se beloftes. Sy Woord is ʼn liefdesbrief aan ons sy kinders, sy geliefdes. Hy bevestig oor en oor sy liefde en sorg aan ons. Ten spyte daarvan pak ons soveel dae en dinge self aan en maak ons staat op ons eie insig en reserwes.

God verwelkom selfs ʼn geringe poging van sy kinders om sy teenwoordigheid op te soek. Selfs die prewel van God se naam is vir Hom baie aanneemlik. Hy staan gereed om jou te ontvang en sê in Psalm 50:15: “Roep My aan (…) Ek sal jou uithelp.” En in Klaagliedere getuig Jeremia dat God na hom toe gekom het toe hy geroep het.

Hy wil die dag tot dag se sleur en swaarkry met jou deel. Hy wil daar wees en deel wees van jou lewe. In ons poging om self “te wil” of in die nalaat daarvan om God deel te maak van elke oomblik van ons bestaan, ontsê ons onsself van soveel seën en stel ons onsself met so min tevrede.

God wil ons laat deel in sy genade. Hy nooi ons telkemale uit in sy woord. Vandag herinner hierdie woorde van Jakobus ons weer dat Hy in jou lewe betrokke wil wees. Deur sy Seun, Jesus Christus, is ons tog mede-erfgename en het ons deel aan die oorvloed van die koninkryk! Roep nou tot God, waar jy jou ook al bevind. “Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor nie te doof om te hoor nie.” (Jesaja 59:1)

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS